Photo GalleriesSchool

Plaasseun gaan SA’s toe

Chris van Niekerk Skool in Vredefort is so trots soos ‘n pou oor hul atleet wat die skool vanjaar by die Suid Afrikaanse Atletiekkampioenskappe vir Hoërskoolleerlinge in Durban verteenwoordig het. John Sekete (17), ’n  plaasseun uit die omgewing, het deurgedring in die 200m. John is die pleegkind van Georgina en Johannes Booysen. John is ook …

Chris van Niekerk Skool in Vredefort is so trots soos ‘n pou oor hul atleet wat die skool vanjaar by die Suid Afrikaanse Atletiekkampioenskappe vir Hoërskoolleerlinge in Durban verteenwoordig het.
John Sekete (17), ’n  plaasseun uit die omgewing, het deurgedring in die 200m. John is die pleegkind van Georgina en Johannes Booysen.
John is ook die eerste atleet van Chris van Niekerk Skool  die afgelope 14 jaar wat na die SA’s deurgedring het. Die laaste atleet wat dié eer te beurt geval het, was Yolanda Janse van Vuuren met spiesgooi, gewigstoot en diskus in 2003.
Borge het gehelp om John se onkostes te dra, sodat hy nie dié wonderlike geleentheid misloop nie. John se vinnigste tyd in die 200m is ’n blitsige 22.59 sekondes. Hy het in Durban sy persoonlike beste tyd verpletter met ’n tyd van 22.08.
Die hoof van Chris van Niekerk Skool, me. Erna Rademan bedank  Hoërskool Parys wat nie geskroom het om toe te laat dat Chris van Niekerk Skool se atlete saam met hul eie atlete kon oefen nie.
“Ek is Hoërskool Parys, Nannie Roets, wat ons atlete gratis Sasolburg toe vervoer het om daar te oefen, en veral mnr. Krimpie du Preez, wat ure in John ingeploeg het, oneindig dankbaar.”
“Ons het nie opgeleide afrigters nie en Parys het ware en onselfsugtige buurmanskap ten toon gestel,” sê Rademan. Sy bedank ook me. Joey Mochela en Nashua    Kroonstad vir hul borgskappe.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button