Photo GalleriesSport

Parys rolbalspanne val uit in NW halfeind

Parys se twee rolbalspanne wat verlede Saterdag aan die finale wedstryde van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap, wat by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind het, deelgeneem het, is beide in die halfeindwedstryde uitgeskakel. Die vrouespan van Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein is deur die verdedigende kampioenspan van Orkney geklop. Parys se mansspan wat …

Parys se twee rolbalspanne wat verlede Saterdag aan die finale wedstryde van die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap, wat by die Potchefstroom Rolbalklub plaasgevind het, deelgeneem het, is beide in die halfeindwedstryde uitgeskakel.
Die vrouespan van Magdel O’Donoghue, Toets van der Westhuizen en Lazuya Serfontein is deur die verdedigende kampioenspan van Orkney geklop.
Parys se mansspan wat bestaan uit Rudi Jacobs, Moekie Uys en Henk Prinsloo was in ‘n verbete stryd gewikkel teen die uiteindelike kampioen, die span van Strathvaal. Na agtien koppe was die Strathvalers met een skoot die wenners: 16-15.
Gene Hill, Chris Nicalou en Ben Theunissen van Strathvaal het die titel gewen na hulle die Buiteklub se Pieter Cloete, Jabu Nkosi en Meshack Kali in die finaal geklop het (22-10). Orkney se vrouespan, Burnadine Muller, Suzette Linden en Adeline Earle het die vrouespan van Potch Rolbalklub (Rose du Plessis, Miems Labuschagne en Serlina Venter) met 23-11 in die finaal geklop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button