Photo GalleriesSport

Parys klop Potch in naelbyt Noordwes rolbaleindstryd

Verskeie rolbalkenners was dit eens dat die eindstryd in die senior vroue enkelspel tussen Potchefstroom Rolbalklub se Rose du Plessis en Parys se Lazuya Serfontein van die beste rolbal nog in ‘n Noordwes rolbaleindstryd opgelewer het.

Rose du Plessis en Lazuya Serfontein.

Rose du Plessis en Lazuya Serfontein.

 

Nie een van die spelers wou besgee nie en het hou vir hou soos twee karperde gelyk getrek. In die tweede laaste kop het Serfontein ‘n klein gaping oopgemaak maar Du Plessis het hardnekkig vasgeskop en het met onmoontlike aflewerings vorendag gekom.

In die laaste kop is die wit bal (kitty) verskeie kere geskuif om die puntetelling te verander maar dit was op die ou einde Serfontein wat die wenskoot gespeel het om met 21-18 te wen.

In die senior mans eindstryd het gene Hill van Strathvaal baie gemaklik gewen teen Louw Smith van Klerksdorp

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button