Pure modderbad-plesier
Modder-aksie soos min is die afgelope naweek net buite Parys gesien waar die Parys 300 Offroad veldren by die Parys-vliegveld aangebied is. Volgens Africa Offroad Racing, die organiseerders van die 300km nasionale- en 200km streekwedren, het 26 motors, 27 motorfietse en agt vierwielfietse aan die wedren deelgeneem. Daar is behoorlik gesukkel in die nat weer wat ook van die deelnemers weggehou het. Hierdie was die 9de en laaste been vir 2016. Die volgende klubkampioenskap wat ook die laaste vir die jaar is, word op 3 Desember by Witpoort aangebied.

Só het die uitslae van die Streeksklasse gelyk
Motorfietse Klas 1
1ste Andri Pretorius
2de Michael Roodt
Motorfietse Klas 2
1ste Henri Pretorius
2de Maartin van Jaarsveld
3de Phillip Mans
Motorfietse Junior/Senior Klas
1ste Ernest da Silva
Motorfietse Meesters
1ste Johan Pienaar
2de Leonard Evans
Vinnigste Motorfiets – Streek – Andri Pretorius
Vierwiel Streek
Daar was net 1 vierwielmotorfietsryer wat kon klaarmaak – Boesman Struwig in die Senior klas
Spesiale Karre Streekklas
Daar was 10 inskrywings in verskillende klasse
Net Johnny Walker en Etienne Marx klas B kon klaarmaak
“Production” Karre – streek
Daar was 16 inskrywings in verskillende klasse
5 inskrywings Klas D met geen deelnemers wat kon klaarmaak nie.
KLAS E
1ste Frikkie en Tjaart Steyn
2de Francois vd Walt, Jacques Botha & Gerrie Prinsloo
KLAS F
Geen deelnemer wat kon klaarmaak.
KLAS G
1ste Naldo Pieterse en Roelf Kamfer
NATIONAL PRODUCTION CLASS T
1ste Deon Venter en Jaco van Aardt
2de Jason Venter en Theo Roos
Nasionaal Motorfietse
OR 1 OPE
1ste Andri Pretorius
2de Michael Roodt
OR 2
1ste Henri Pretorius
2de Jaco Slabbert
JUNIOR/SENIOR Motorfietse
1ste Ernest da Silva
Meesters motorfietse
1ste Johan Pienaar
2de Leonard Evans
Nasionaal Vierwiel
Weereens is Boesman Struwig die enigste deelnemer wat die nasionale wedren voltooi het.
Nasionaal Spesiale karre
Geen deelnemers wat kon klaarmaak
NATIONAL PRODUCTION KARRE
Slegs 1 deelnemer wat kon klaarmaak en dit is Francois vd Walt, Jacques Botha en Gerrie Prinsloo
Die skitterende aksie-foto’s is geneem deur plaaslike fotograaf, Deon Terblanche.