Photo GalleriesSchool

Hoërskool Parys doen dit weer by Ekspo

Hoërskool Parys het weer vanjaar aan die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skolekompetisie deelgeneem. Dié kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema “Afrikaanse Films”.Die oorhoofse tema was vanjaar Afrikaanse Films. Leerders en onderwysers het baie hard gewerk en altesaam 131 inskrywings ingestuur. Die werke is hierdie jaar net op nasionale vlak beoordeel. Daarvan het 37 inskrywings ’n goue toekenning verwerf terwyl daar 62 silwer- en 15 bronstoekennings ontvang is. Leerlinge van Hoërskool Parys was boonop die nasionale wenners in vyf kategorieë. In die kategorie kortverhale graad 12 het Chané Pelser gewen. Cara Erasmus was die wenner in die kategorie beskrywende opstelle graad 10, terwyl Elzé du Plessis die wenner in graad 11 was. Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle en Lana van Zyl die wenner van die graad 10 strokiesverhale. Hierdie is uitstekende uitslae en ‘n bewys daarvan dat plattelandse skole selfs op nasionale vlak met topskole kan meed

Hoërskool Parys het weer vanjaar aan die Nasionale Afrikaanse Ekspo se elektroniese skolekompetisie deelgeneem. Dié kompetisie bied ’n kreatiewe uitdaging vir leerlinge en vanjaar was die oorhoofse tema “Afrikaanse Films”.Die oorhoofse tema was vanjaar Afrikaanse Films.
Leerders en onderwysers het baie hard gewerk en altesaam 131 inskrywings ingestuur. Die werke is hierdie jaar net op nasionale vlak beoordeel. Daarvan het 37 inskrywings ’n goue toekenning verwerf terwyl daar 62 silwer- en 15 bronstoekennings ontvang is.
Leerlinge van Hoërskool Parys was boonop die nasionale wenners in vyf kategorieë. In die kategorie kortverhale graad 12 het Chané Pelser gewen. Cara Erasmus was die wenner in die kategorie beskrywende opstelle graad 10, terwyl Elzé du Plessis die wenner in graad 11 was. Lialma Sinclair was die graad 10 wenner van verhalende opstelle en Lana van Zyl die wenner van die graad 10 strokiesverhale.
Hierdie is uitstekende uitslae en ‘n bewys daarvan dat plattelandse skole selfs op nasionale vlak met topskole kan meeding en hulle uitstof.

Die graad 11 en 12 uitblinkers saam met hul onderwysers is voor van links mev. A. Greyling, Liebe Keyser (3 goud, 1 silwer, 1 brons), mev. E. Fouché, Amoré Kok (4 goud, 6 silwer en 1 brons) en mev. L. van Schalkwyk. In die tweede ry van links is Liza Taljaard (2 goud, 1 silwer), Carla Pretorius (1 goud), Danika Groenewald (1 goud, 3 silwer), Michael Taljaard (3 goud, 4 silwer), Annemarie Marais (1 goud, 1 silwer), Tasneem Goga (1 silwer, 1 brons) en Gabrielle Hawthorn (1 silwer). Agter is Chane Pelser (2 goud, 1 silwer, 1 brons), Elzë du Plessis (1 goud, 1 silwer), Monique Béqué (1 goud), Brendan Brits (1 goud, 1 silwer, 1 brons), Melissa van Niekerk (2 silwer), Andrushka van der Merwe (1 silwer), Jani Keet (1 silwer) en Suzaan Janse van Vuuren (1 brons). Megan van Eck (1 goud, 1 silwer) en Lesego Modiselle (1 silwer) was afwesig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button