Photo GalleriesSport

Egpaar gesels oor duine-uitdaging

Daar is ongeveer 3 000 geregistreerde lede en ver meer geregistreerde perde. Dit maak die kompetisie baie straf om in die span ingesluit te word. Anders as by ander sportsoorte speel ruiter ervaring ’n groot rol, ook by die finale spankeuses.

Twee Parysenaars, die egpaar Jaco en Minette Nortman, het op 24 Augustus die jaarlikse 122km Africa Endurance Championship uithourit in Walvisbaai in Namibië gery. Hulle was bevoorreg om vir die vierde keer vir die Walvisbaai SA span gekies te word. Daar moet jaarliks weer gekwalifiseer word om vir die span gekies te word.
’n Kortlys van perde en ruiters word saamgestel wat aan die kwalifiserende vereistes voldoen. Vyf lede per span word dan gekies in elk van die afdelings – junior, lig, standaard- en swaargewig groep (20 SA lede in totaal).
Daar is ongeveer 3 000 geregistreerde lede en ver meer geregistreerde perde. Dit maak die kompetisie baie straf om in die span ingesluit te word. Anders as by ander sportsoorte speel ruiter ervaring ’n  groot rol, ook by die finale spankeuses.
Daarom – ongeag of jy vir ’n SA span, provinsiale span of skoolspan gekies word – dit bly ’n voorreg om in die span ingesluit te word. Alle voorbereiding vir enige span verg harde werk.
Vanjaar se rit is deur die meeste deelnemers beskryf as die moeilikste Walvisbaai-rit die afgelope 10 jaar as gevolg van ’n relatief windstil dag met uiters hoë temperature. Temperature van tussen 38 en 40 grade Celsius is op sta- diums tussen die duine in die woestyn gemeet.
Altesame 33% van ruiters het nie die rit voltooi nie, wat meer was as die afgelope paar jaar.
Perde is geëlimineer op grond van mankheid en metaboliese probleme, terwyl ander ruiters self besluit het om van die rit te onttrek.

FB_IMG_1473707816051 FB_IMG_1473707915778

Op die foto's is van die ruiters teen die eindelose Walvisbaai duine, Jaco en sy perd Willan Bassan met die inkom aan die einde van die rit - nog sterk op galop en MInette teen Duine 7.
Op die foto’s is van die ruiters teen die eindelose Walvisbaai duine, Jaco en sy perd Willan Bassan met die inkom aan die einde van die rit – nog sterk op galop en MInette teen Duine 7.

Die rit self is maar elke jaar ’n uitdaging, gesels Jaco en Minette. “Dit voel of die woestyn elke jaar verander en kan vorige jare se statistieke nie altyd gebruik word nie.” Dié jaar spesifiek was rytye stadiger. Perd en ruiter moet fiks wees- daar word baie tye van die perd afgeklim om die perd teen hoë duine (soos duin 7) en dik sand te help.
“Hierdie was vir my ook ‘n hartseer rit. Dit was die laaste kompeterende rit wat ek met my perd JNM Temptation gery het,” vertel Minette. Sy ry al sedert 2008 met JNM Temptation.
Minette en JNM Temptation het ongeveer 4 000 kompeterende kilometers saam gery – baie gewen waaronder ook toekennings vir bes voorbereide perd.
Die grootste prestasie was dat sy nooit tydens ’n  rit met JNM Temptation geëlimineer is nie.
Minette het dan ook weer die toekenning vir dié prestasie ook met hom op die Walvisbaai-rit ontvang.
Nou verdien hy ’n rustige aftrede en sal hy gebruik word om ander die fynere perdry-kunsies te leer.
Minette het vir die SA Standaardgewig span gery wat die kompetisie gewen het – iets wat nie sommer gebeur om die Namibiërs in die standaardgewig-span te wen nie.
Jaco het vir die SA Swaargewig span gery en hoewel sy span nie gewen het nie, was hyself 7de. Die SA Liggewig span het ook gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button