Photo GalleriesSport

Vrouedag met veerpyltjiespel gevier

Die Vrouedag veerpyltjie kompetisie by Palm Court Hotel op 9 Augustus is goed ondersteun deur spelers met die speelarea wat met tye behoorlik uit sy nate gebars het. Daar was ook heelwat besoekende spelers van Gauteng, Rustenburg, Potchefstroom, Klerksdorp en Kroonstad. Verskeie gewese en huidige Protea-spelers sowel as ju-niors het vir goeie veerpyltjie-spel gesorg.

Die Vrouedag veerpyltjie kompetisie by Palm Court Hotel  op 9 Augustus is goed ondersteun deur spelers met die speelarea wat met tye behoorlik uit sy nate gebars het.
Daar was ook heelwat besoekende spelers van Gauteng, Rustenburg, Potchefstroom, Klerksdorp en Kroonstad.
Verskeie gewese en huidige Protea-spelers sowel as ju-niors het vir goeie veerpyltjie-spel gesorg.
Verlede week is nog gevra vir meer toewyding deur die dames, en toe kom kom Bella Louw (Palm Court) en wen die herinskrywing vir dames teen die hoog aangeskrewe M. Slabber van Carletonville.
Daarna verloor sy en Amelia van Zyl in die finaal van die Dames pare 4-3 teen die Protea-paar Estie Stoltz en Joey Kotze van Rustenburg.
In die Mans Enkels is toeskouers getrakteer met uithaler spel deur die pas verkose Junior speler, Marus Rusch van Potchefstroom. wat die Senior Protea-speler, Shaun Hogan, harde bene laat kou het vir sy 4-3 oorwinning.
Beide spelers verteenwoordig Suid-Afrika in 2017 in Japan by die Wêreldbeker.
Die volledige uitslae is as volg:
Dames Pare – 1ste Estie Stoltz en Joey Kotze; 2de Bella Louw en Amelia van Zyl.
Dames Enkels – 1ste Estie Stoltz; 2de A. Rusch
Mans Pare – 1ste Les Goevea en Shaun Hogan; 2de – Zander Steyn en Rudi Ross.
Mans Enkels – 1ste Shaun Hogan; 2de Marcus Rusch.
Voltalle (180’) is behaal deur:  Craig Slabber (3x), Ducan Hogan (2 x), Danie van der Merwe (2x), Gideon Koertzen (1 x), Zander Steyn (1 x Junior) en Estie Stoltz (1 x Dame).
Belangstellende nuwe veerpyltjiespelers is baie welkom om hul slag te kom wys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button