Photo GalleriesSport

Pyltjiespelers ding mee om plek in Dome spanne

Die finansiële druk in die land het sy kop baie duidelik uitgesteek by die 30ste SA Myne veerpyltjie kampioenskappe wat in Orkney aangebied was in die tweede week van Junie. Slegs 9 spanne het hulle weg oopgesien om deel te neem waarvan 5 spanne van Anglo Gold Ashanti was.

Die finansiële druk in die land het sy kop baie duidelik uitgesteek by die 30ste SA Myne veerpyltjie kampioenskappe wat in Orkney aangebied was in die tweede week van Junie.
Slegs 9 spanne het hulle weg oopgesien om deel te neem waarvan 5 spanne van Anglo Gold Ashanti was.
Die kompetisie is totaal oorheers deur Rustenburg Impalas en Free State Rebels wat deur Rustenburg Impala vir die derde jaar agtereenvolgens gewen is.
Die groot skok van die toernooi was toe Kassie Pretorius, boorling van Vredefort, ná 30 jaar as Toernooi Direkteur bedank het. Volgens Kassie wil hy die jonger garde ’n  kans gee.
Plaaslik spook die manne en dames om hul plekke in die “Dome” spanne te verseker. Die mans en dames moet nog een proef speel op die 22ste Julie om 18:00 by Palm Court Hotel.
Die gekose spanne sal dan deelneem aan die Winterspele in Rustenburg en die Callie Lönn-toernooi in Orkney.
Ockert Grobler het met verlede Vrydag se tweede proewe behoorlik die wêreld aan die brand gespeel en nie minder nie as 3 voltalle (180’s) behaal. Danie van der Merwe het sy totaal vir die seisoen nou opgeskuif na 50. Ander voltalle is behaal deur Hippio Louw (1x), Christiaan Mans (1x) en Rynard Malan (1x).
Die A-dames het reeds gekwalifiseer en speel Vrydag slegs om hul spanposisies te bepaal. Hulle is Mariaan Pretorius, Isabella Louw en Amelia van Zyl (almal vir Palm Court Hotel) en Susan Schoman (Big Five Boma).
Die SA kampioenskappe word die week van die 11de tot die 17de in Bloemfontein beslis met 11 provinsiale mans en dames spanne en nagenoeg 50 distrik spanne.
Die “African Union Sport Council” Streek 5 kampioenskappe word van 22 -27 Augustus in Lusaka, Zambië beslis. Agt lande van die SADC lande het deelname in die mans, vroue, jeug o.25 en veterane 50+ afdelings.
Die deelnemende land is Swaziland, Lesotho, RSA, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië en Malawi.
Die bepalings vir Dinsdae se spel is as volg: Plaasjol 19 Julie, Palm Court 26 Julie, Boma 2 Augustus en Flamingo 9 Augustus. Alle spelers is welkom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button