Photo GalleriesSport

Drie van Parys genooi na proewe vir NW Senior provinsiale spanne

Parys-rolbalklub se Raymond Loubser het Saterdag tot die halfeind van die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gevorder met ’n oorwinning in die kwartfinaal oor Klerksdorp se Pikkie Loots.

Parys-rolbalklub se Raymond Loubser het Saterdag tot die halfeind van die Noordwes Rolbal mans enkelspelkampioenskap gevorder met ’n oorwinning in die kwartfinaal oor Klerksdorp se Pikkie Loots.
Hy moes egter in die halfeind die knie buig voor Gerrit van Rensburg van Potchefstroom-rolbalklub.
Die finaal was tussen Van Rensburg en sy klubmaat, die Proteaspeler, Pierre Breitenbach. Breitenbach het die kampioenskap gewen.
Gesina Kritzinger van Parys is in die vroue afdeling in die kwartfinaal deur die uiteindelike kampioenskapswenner, Helen Jansen van Strathvaal, uitgeskakel. Jansen het in die eindstryd gewen teen Klerksdorp se Jillian Booth.
*Raymond Loubser, Lazuya Serfontein en Emmie Pelser is nou genooi na die proewe vir die saamstel van die Noordwes Senior provinsiale spanne. Dit vind op 9 en 10 Julie by die Potchefstroom klub plaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button