Photo GalleriesSchool

Vyf van Parys Primêr deur na redenaars semi-finaal

Sestien leerlinge van Parys Primêre skool het op Vrydag 6 Mei in Bethlehem by Hoërskool Witteberg aan die eerste uitdunrondte van vanjaar se ATKV redenaarskompetisie deelgeneem. Almal het baie goeie repliek gekry.

Sestien leerlinge van Parys Primêre skool het op Vrydag 6 Mei in Bethlehem by Hoërskool Witteberg aan die eerste uitdunrondte van vanjaar se ATKV redenaarskompetisie deelgeneem. Almal het baie goeie repliek gekry.
In die graad 1 tot 3 afdeling het leerlinge net ’n  voorbereide toespraak van 2 tot 4 minute gelewer. Die leerlinge in die graad 4 tot 5 afdeling het ’n  voorbereide toespraak van 3-5 minute gelewer en moes ook ’n  onvoorbereide vraag beantwoord.
In die graad 6 tot 7 afdeling moet ’n  voorbereide toespraak (30% van die punt) gelewer word, en ’n  onvoorbereide toespraak (70% van die punte).
Uit die groep wat aan die eerste uitdunrondte deelgeneem het, is 5 van Parys Primêr gekies om aan die semi-finale uitdun op 20 Mei in Bethlehem deel te neem. Indien daar leerlinge is wat by hierdie semi-finaal deurbring, sal hulle aan die landwye finaal op 11 Augustus by die ATKV Buffelspoort vakansieoord deelneem.
Die 5 is Alexandra de Klerk, Bianke Pienaar, Wiandé Marais, Carla du Plessis Viljoen en Anné Kruger.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button