News galleriesPhoto Galleries

Stukkende pompe laat dorp swaartrek sonder drinkwater

Stukkende pompe laat dorp swaartrek sonder drinkwater Vredefort gaan reeds vir maande gebuk onder ernstige drinkwater tekorte wat beteken dat die dorp dikwels met min of geen drinkwater sit. In Desember moes al ingespring word om vanuit die gemeenskap en met die hulp van boere van die omgewing watertenks in sekere dele van die dorp …

Stukkende pompe laat dorp swaartrek sonder drinkwater
Vredefort gaan reeds vir maande gebuk onder ernstige drinkwater tekorte wat beteken dat die dorp dikwels met min of geen drinkwater sit. In Desember moes al ingespring word om vanuit die gemeenskap en met die hulp van boere van die omgewing watertenks in sekere dele van die dorp te plaas sodat mense water kon hê.
Die afgelope naweek en Maandag was dit weer so en word daar steeds gehelp met watertenks by sekere punte vir almal se gebruik, is verneem.
Die rede vir die waterprobleem is twee stukkende dompelpompe by die rivier in Parys wat krities is vir watervoorsiening aan Vredefort.
Die Ngwathe munisipaliteit se tegniese departement sou Maandag samesprekings voer met die burgemeester, me Joey Mochela, om ’n  moontlike oplossing vir die probleem te probeer soek. Maar teen Gazette se druktyd was daar nog geen terugvoer oor die uitkoms van die samesprekings.

Related Articles

Back to top button