News galleriesPhoto Galleries

Wen ’n jaar se skoolgeld vir jou Graad 1 kind

Wen ’n  jaar se skoolgeld vir jou Graad 1 kind Ouers van graad 1 leerlinge wat in 2016 hul skoolloopbaan in Parys begin, staan nou die kans om die kind se volle skoolfonds vir die jaar te wen. Al wat ouers moet doen is om dadelik hul nuwe graad 1 in sy of haar skoolklere …

Wen ’n  jaar se skoolgeld vir jou Graad 1 kind
Ouers van graad 1 leerlinge wat in 2016 hul skoolloopbaan in Parys begin, staan nou die kans om die kind se volle skoolfonds vir die jaar te wen.
Al wat ouers moet doen is om dadelik hul nuwe graad 1 in sy of haar skoolklere af te neem en die foto by die Gazette se kantoor, h/v Loop- en Waterstraat in te handig, of te e-pos na gazettenuus@gmail.com.
Merk die onderwerp van jou e-pos as “Gr 1”en maak seker jy voeg jou kind se naam en van, die klas en skool waarin hy/sal sal wees, asook die ouers of voog se kontakbesonderhede by.
Foto’s wat tot en met die sluitingsdatum op 29 Januarie 2016 om 15:00 ontvang word, sal in die Parys Gazette van 4 Februarie gepubliseer word, tesame met die besonderhede van die SMS-lyn. Lesers, ouers en familie gaan dan geleentheid kry om vir die kleingoed van hul keuse te stem.
Die wenner met die meeste stemme se naam sal in die Parys Gazette van 11 Februarie aangekondig word, en sal die skoolgeld vir die jaar direk aan die wenner se skool oorbetaal word.
Die rekenaar-stemuitslag sal as finale beslissing aanvaar word. Onthou die sluitingsdatum is 29 Januarie. Ons wag vir jou wenfoto!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button