News galleriesPhoto Galleries

Bloedskenk – ‘n Verdienstelike Nuwejaarsvoorneme

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels om iets prys te gee. Vanjaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets prysgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Boonop is dit ‘n maklike voorneme om te maak en by te hou. Elke skenking neem ongeveer ʼn uur en kan tot drie mense se lewens help …

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels om iets prys te gee. Vanjaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets prysgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed. Boonop is dit ‘n maklike voorneme om te maak en by te hou.

Elke skenking neem ongeveer ʼn uur en kan tot drie mense se lewens help red. Die skenkingsproses is eenvoudig: jy sal ʼn vraelys voltooi rakende jou gesondheid en leefstyl,  jou bloeddruk word geneem en ʼn druppel van jou bloed om seker te maak jy is nie anemies nie en dat dit veilig is om te skenk. ʼn Gekwalifiseerde suster sal ʼn kort onderhoud met jou voer en as alles in orde is, kan jy bloed skenk.

Alle naalde en toerusting word slegs een maal gebruik en dan vernietig. Ná jou skenking geniet jy koekies en koeldrank.

Daar moet elke dag 3000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf. Daar vind elke 35 sekondes ʼn bloedoortapping in Suid-Afrika plaas.

Om ’n bloedskenker te wees, moet jy

  • Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees
  • Meer as 50kg weeg
  • ’n Veilige seksuele leefstyl lei
  • Gesond wees op die dag van jou skenking
  • ʼn Maaltyd genuttig het voordat jy bloed skenk.

Parysenaars kan op Dinsdag 12 Januarie vanaf 13:00 tot 19:00 bloed skenk in die Hervormde kerksaal h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys.

Meer oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens:

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) is ʼn niewinsgewende organisasie wat ʼn noodsaaklike diens in Suid-Afrika bied. SANBD word as een van die beste bloedoortappingsdienste in die wêreld beskou in die voorsiening van bloed en bloedprodukte, en ook in terme van hulle navorsing en opleiding. SANBD bedien alle provinsies in Suid-Afrika, met die uitsondering van die Wes-Kaap.

Related Articles

Back to top button