CommunityPhoto Galleries

Dis Kersmark

Die Parys Kersmark begin hierdie naweek (Saterdag 12 Desember) en vanjaar kan besoekers uitsien na 30 nuwe uitstallers. Die meer as 60 uitstallers wat aan die mark deelneem kom vanoor die land. Die mark wat vanjaar vir die 16de jaar gehou word, het al bekendheid verwerf vir die prag handwerk produkte wat hier gekoop kan …

Die Parys Kersmark begin hierdie naweek (Saterdag 12 Desember) en vanjaar kan besoekers uitsien na 30 nuwe uitstallers. Die meer as 60 uitstallers wat aan die mark deelneem kom vanoor die land. Die mark wat vanjaar vir die 16de jaar gehou word, het al bekendheid verwerf vir die prag handwerk produkte wat hier gekoop kan word.
Kom snuffel gerus vir bekostigbare en oorspronklike, bruikbare Kersgeskenke waaronder konfyte, gebak, gebottel, gemmerbier, handwerk, skilderye, ingevoerde leerwerk, houtwerk, juwele, krale, sandsteenwerk, boeke, messe, plante, handgemaakte seep en kerse, likeurs en mampoer, speelgoed en gegeurde soute om maar enkele te noem.
Die mark duur tot 23 Desember en kan van 12-23 Desember van 09:00 tot 17:30 daagliks besoek word. Toegang is gratis en ’n teetuin sal sorg dat die innerlike versterk word terwyl jy Kerskopies doen.
Die mark is by Schilbachstraat 18 (Blikoortjies kleuterskool-perseel) in Parys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button