Wen ‘n jaar se skoolgeld vir jou Graad 1 kind
Ouers van graad 1 leerlinge wie in 2016 hul skoolloopbaan in Parys begin, staan nou die kans om die kind se volle skoolfonds vir die jaar te wen. Al wat ouers moet doen is om dadelik hul nuwe graad 1 in sy of haar skoolklere af te neem en die foto by die Gazette se …
Ouers van graad 1 leerlinge wie in 2016 hul skoolloopbaan in Parys begin, staan nou die kans om die kind se volle skoolfonds vir die jaar te wen.
Al wat ouers moet doen is om dadelik hul nuwe graad 1 in sy of haar skoolklere af te neem en die foto by die Gazette se kantoor h/v Loop- en Waterstraat in te handig, of te epos na gazettenuus@gmail.com Merk die onderwerp van jou e-pos as “Gr 1” en maak seker jy voeg jou kind se naam en van, die klas en skool waarin hy/sy sal wees, asook die ouers of voog se kontakbesonderhede by.
Foto’s wat tot en met die sluitingsdatum op 30 Januarie 2016 om 15:00 ontvang word, sal in die Parys Gazette van 5 Februarie 2016 gepubliseer word, tesame met die besonderhede van die SMS-lyn.
Lesers, ouers en familie gaan dan geleentheid kry om vir die kleingoed van hul keuse te stem. Die wenner met die meeste stemme se naam sal in die Parys Gazette van 12 Februarie 2016 aangekondig word, en sal die skoolgeld vir die jaar direk aan die wenner se skool oorbetaal word.
Die rekenaar-stemuitslag sal as finale beslissing aanvaar word. Onthou die sluitingsdatum is 30 Janaurie 2016. Ons wag vir jou wenfoto!