News galleriesPhoto Galleries

Maak seker jy’s veilig dié vakansie

Jy het die hele jaar hard gewerk en die laaste ding wat jy wil doen terwyl jy met vakansie is, is om oproepe oor jou sekuriteitstelsel te ontvang! Gebruik hierdie oorsiglys wat deur die Parys Gemeenskap Poliëring Forum (GPF) beskikbaar gestel is om te verseker dat jy die gemoedsrus het wat jy verdien. Misdaad gebeur …

Jy het die hele jaar hard gewerk en die laaste ding wat jy wil doen terwyl jy met vakansie is, is om oproepe oor jou sekuriteitstelsel te ontvang! Gebruik hierdie oorsiglys wat deur die Parys Gemeenskap Poliëring Forum (GPF) beskikbaar gestel is om te verseker dat jy die gemoedsrus het wat jy verdien.
Misdaad gebeur vining. ’n  Misdadiger kan in minder as ’n  minuut toegang tot jou eiendom kry. Moenie ’n  slagoffer of ’n  held wees nie—wees voorbereid!
Die drie vlakke van effektiewe sekuriteit:
Perimeter: Jou omheining en hek is jou eerste linie van beskerming. ’n  Goeie perimeter is ’n  afskrikmiddel en ’n  voortydige waarskuwing.
Erf: Jou erf is jou tweede waarskuwingsvlak. Oorweeg goeie beligting, strale en ’n sirene.
Huis: Jou huis is jou vesting. Voorsien dit met sekuriteitshekke, diefwering en ’n  alarmsisteem. Maak ook seker jy het ’n  noodplan.
Veiligheidswenke terwyl jy weg is met vakansie:
1. Los ekstra sleutels by vriende en familie.
2. Maak seker dat jou troeteldiere versorg is.
3. Vra die bure om ’n  ogie te hou en pos uit die posbus of omheining te verwyder en veilig te hou.
4. Draai die stopkraan tot jou eiendom toe vir ingeval ’n  pyp bars terwyl jy nie by die huis is nie.
5. Verseker dat enige elektriese omheining in behoorlik werkende toestand is en ’n bystand battery het.
6. Belê in ligte wat met tydtoestelle funksioneer.
Kontroleer dat elke deur en venster behoorlik gesluit is.
7. Maak seker dat jou alarmstelsel in behoorlik werkende toestand is.
Veiligheidswenke by die huis:
1. Verseker dat alle hekke en deure gesluit is in die nag en vensters behoorlik op knip is, en hou slegs vensters oornag oop wat behoorlike stewige diefwering het.
2. Installeer ’n  alarmstelsel met ’n  paniekknoppie, verkieslik gekoppel aan ’n  sekuriteitsmaatskappy.
3. Maak seker dat alle voertuie gesluit is en moenie waardevolle items oornag in ’n  voertuig los nie.  Onthou ook om jou motorhuis te sluit.
4. Pak enige voorwerpe wat teen jou gebruik kan word weg byvoorbeeld grawe, toue of ’n  leer.
5. Kry beligting vir jou erf—wanneer ligte aangaan, word misdadigers afgeskrik.
6. Maak seker dat enige outomatiese hek ’n  bystandsbattery het en dat alle afstandbeheer in goeie werkende toestand is.
7. Installeer ’n  veiligheidshek binne-in jou woning om byvoorbeeld die voorste vertrekke van jou slaapkamers te skei, of maak voorsiening vir ’n veiligheidskamer met ’n  telefoon, paniekknoppie en pepersprei.
8. Maak seker dat jy alle noodnommers byderhand het, insluitend die polisie, sekuriteitsmaatskappy en ambulans.
Hou hierdie noodnommers by jou telefoon:
Parys-polisiestasie – tel. (056) 816 2500.
Tumahole-polisiestasie – tel. (056) 819 8881
Landelike Gemeenskap Veiligheid – 076 983 4544

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button