CommunityEntertainmentPhoto Galleries

Bochenvaal-landgoed: ‘n Voëlparadys

Feathers Voëlklub is altyd op soek na nuwe plekke waar hulle kan gaan voëls kyk en die jongste “ontdekking” was Vredefort se dorpsdam.

Feathers Voëlklub is altyd op soek na nuwe plekke waar hulle kan gaan voëls kyk en die jongste “ontdekking” was Vredefort se dorpsdam. Hierdie dam is ryk aan voëllewe en baie lede van die klub dit in die laaste paar maande besoek. Sanita Kemp sal tydens die volgende vergadering van die klub op Donderdag, 29 Oktober 2015 oor die dam praat en wys watter spesies sy reeds daar waargeneem het. Die vergadering word om 18:30 in Sally Martin Park se saal gehou en belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Die Voëlklub se Erfenisdag-uitstappie na  Lanquedoc was ‘n groot sukses en 42 spesies is aangeteken. Die volgende voëluitstappie van die klub is op Saterdag, 31Oktober 2015 waneer hul weer na Boschenvaal toe gaan. Die Boschenvaal-landgoed is ‘n voëlparadys en altyd die moeite werd om te besoek. Bring jou piekniekmandjies, verkyker en stoel saam en kom geniet ‘n oggend in die buitelug. Enige iemand wat belangstel in voëls is welkom om saam te gaan. Belangstellendes vertrek om 06:30 vanaf Pick&Pay se parkeerterrein.

Vir navrae oor die uitstappie of die klub, skakel Hansie Bekker (056 811 4754 of 082 820 4306) of Sanita Kemp (072 421 8799)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button