CommunityEntertainmentPhoto Galleries

Crosskine open in Sasolburg

SASOLBURG. – Met groot opgewondenheid het die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Dal Josephat straat aangekondig dat hulle ‘n “Crosskine” teater geopen het in Sasolburg. “Nou kan almal heerlik fliek in ons eie dorp,” sê Ds Ryno Louw, leraar by die gemeente. Die kine word gehuisves by die kerk in Dal Josephat straat. Elke maand word daar …

SASOLBURG. – Met groot opgewondenheid het die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Dal Josephat straat aangekondig dat hulle ‘n “Crosskine” teater geopen het in Sasolburg.
“Nou kan almal heerlik fliek in ons eie dorp,” sê Ds Ryno Louw, leraar by die gemeente. Die kine word gehuisves by die kerk in Dal Josephat straat. Elke maand word daar ʼn nuwe film gewys, die eerste was “Forsaken” wat op 24 April vertoon is en wat baie goed ondersteun was. Die films word vertoon teen slegs R35 per persoon, dus baie bekostigbaar. Met elke vertoning word “popcorn”, koeldrank, smarties ens te koop aangebied. “Dit is ʼn heerlike ontspannings geleentheid vir die hele gesin en kan vir almal aanbeveel word,” sê Ryno. Die volgende vertoning “Rowwe Diamante” vind plaas op 29 Mei om 08:00. Kaartjies kan by die deur gekoop word. Vir navrae kan Lucinda Louw gekontak word by 083 301 2177.

Rowwe Diamante, Crosskine, Sasolburg, Vaalweekblad, Parys Gazette

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button