EntertainmentLocal news

Rocco de Villiers kom kuier in Parys

Dit beloof om 'n wonderlike fondsinsameling te wees.

Solidariteit Helpende Hand hou op 5 Oktober 2024 hulle jaarlikse fondsinsameling vir bejaardes. Hierdie jaar se gaskunstenaar is Rocoo de Villiers.

Rocco de Villiers is ‘n bekende Suid-Afrikaanse pianis en komponis wat bekend is vir sy kenmerkende styl wat instrumentele pop- en rockinvloede meng. Hy het wydverspreide lof verwerf vir sy virtuose klavieruitvoerings, boeiende verhoogteenwoordigheid en eklektiese repertorium wat dikwels oorspronklike komposisies saam met innoverende verwerkings van bekende stukke insluit.

Die jaar se geleentheid sal by Najaarsrus gastehuis in Parys van 09:30 tot 12:00 plaasvind. Die kostes beloop R120p/p en sluit ‘n ligte middagete, nagereg, iets om te drink en ‘n geskenkie in.

Vir enige kaartjie verkope of navraag, kan Matty Last by 072 267 9758 gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button