Entertainment

Klein Karoo 2 eersdaags op Box Office te sien

Klein Karoo 2 eersdaags op Box Office te sien

Klein Karoo 2 sal vanaf 15 Desember op DStv Box Office te sien wees. Vind uit wat het serdertdien in die lewens van Frans, Cybil, Bongi, Jackie en die res gebeur.

Frans, ’n agt-en-dertigjarige dokumentêre regisseur, word gedwing om ‘n tree terug te neem en sy lewe te herevalueer nadat hy onverwags vir die tweede keer voor die kansel gelaat is.

Frans kom gou agter dat dinge eintlik erger kan word – op pad terug nadat hy ontdek het dat hy ‘n breingewas het, stop Frans langs die pad om Chloë, ‘n beeldskone boer wat besig is om ‘n heining reg te maak, te help. Sy vertel dat al die boere in die Karoo-omgewing sukkel omdat hul vee gesteel word. Dit is ‘n groot kommer omdat hul lewensbestaan in gevaar is.

Sonder om dit te weet, probeer Frans Chloë red deur in te spring en ‘n lig op die probleem te skyn deur ‘n dokumentêr te maak oor die verskriklike voorvalle wat die boere in die gesig staar. Bongi en Jackie, saam met Tarryn, die direkteur van fotografie, moet almal help om die dokumentêr te laat realiseer.

Frans is bang en versigtig omdat sy hart pas weer gebreek is. Maar dit is duidelik dat daar aantrekkingskrag tussen hom en Chloë is. Terselfdertyd spandeer Frans meer tyd saam met Jackie en ontdek n kant van haar wat hy nie ken nie. Hy identifiseer met haar kuns en kan nie ontken dat sy sy hart ‘n bietjie vinniger laat klop as wat hy wil herken nie.

Die regte soort liefde kom net een keer in ‘n leeftyd. Sal Frans probeer om nog ’n vrou te red, of sy hart volg na waar hy verlang word?

Nuuskieriges kan hier na die lokprent kyk.

https://potchefstroomherald.co.za/98033/klein-karoo-2-eersdaags-op-box-office-te-sien/

Related Articles

Back to top button