Entertainment

NWU Simfonie-orkes en koor bring stukkie hemel aan gehoor

Wat ‘n voorreg om die volledige uitvoering van Karl Jenkins se mis, The Armed Man: A Mass for Peace as die afsluitingskonsert van Aardklop te beleef!

Wat ‘n voorreg om die volledige uitvoering van Karl Jenkins se mis, The Armed Man: A Mass for Peace as die afsluitingskonsert van Aardklop te beleef! Die NWU Simfonie-orkes en Konservatorium-koor se uitvoering was beslis die hoë noot waarop ‘n mens enige kunstefees wil afsluit. Dié konsert het Sondag, 29 September in die Sanlam Ouditorium plaasgevind.

Karl Jenkins is ‘n Walliese komponis wat hierdie musiekstuk in 1999 in opdrag van die Royal Armouries Museum gekomponeer het om die millennium en hulle trek van Londen na Leeds te vier. Die musiek gee ‘n blik op die vernietigende effek van oorlog en spreek sy hoop uit vir vrede in die nuwe millennium.

Hoewel die meeste musiekliefhebbers met dele uit hierdie komposisie vertroud is, soos die Sanctus en die Benedictus, dink ek min mense het al die hele komposisie van begin tot einde gehoor. Wat ‘n ervaring was dit nie! Die musiek het jou deel gemaak van die oorlogsfront – van die begin af met die koor se voetstappe wat die soldate se marsjering nageboots het tot die uiteindelike gevegstoneel wat weer in ‘n doodse stilte eindig. Dié stilte is weer gebreek deur die trompetspel van The Last Post.

André Oosthuizen, die dirigent, het beslis die beste uit die NWU Simfonie-orkes en die NWU Konservatorium-koor gehaal. Hulle gevoelvolle interpretasie het vir ‘n hele paar hoendervleis-oomblikke gesorg en ‘n stukkie hemel aan hulle gehoor gebring.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button