Entertainment

Deo Gloria musiekfeesklanke dié naweek in Vredefort

Kom jy luister?

Die koorgroep Deo Gloria bied hierdie naweek, Sondag 21 Julie ‘n konsert in die NG kerk in Vredefort aan wat beloof om soos altyd, harte te bekoor en te verwarm.
Deo Gloria tree op saam met die Noordwes Kinderkoor en die sprankelende violis, Carli D’Alebout.
‘n Groepie leerlinge uit die “Mangaung Strings Programme” sal Deo Gloria begelei wanneer hulle “Morning has broken” sing. Twee lede van die groep keer hierdie week terug van hul Europese reis saam met die senior Bochabela-orkes.
Die oud-Vredeforter, Carli D’Alebout wat haar vioolstudie in Noorweë afgerond het, sal toehoorders opnuut met haar virtuose vioolspel betower.
Carli tree tans op as orkeslid en enigste violis in die aanbieding van Verdi se opera Rigoletto in die Brooklyn Teater.
Om as enigste violis in hierdie aanbieding met ‘n internasionale rolbesetting te speel, is beslis geen geringe prestasie nie.
Die Deo Gloria-koorgroep onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het in die afgelope twee dekades bekendheid verwerf vir die aanbieding van hoogstaande Kerskonserte van gewyde musiek.
Vanjaar vier die koor ‘n nuwe mylpaal. Deo Gloria is nou ‘n voltydse koor wat ook sekulêre of te wel ligte musiek in hul program insluit.
Deo Gloria se lede is afkomstig uit Parys, Vredefort en Viljoenskroon. Ouderdomme wissel van 17 tot 70 en die diverse groep musiekliefhebbers geniet elke oomblik van “koorifiseer”.
Die koor begin nou reeds om nuwe musiek in te studeer vir die groot Kersfeeskonsert wat vanjaar op 23 November gehou gaan word.
Enige iemand wat graag wil lid word, kan vir Erna by 082 565 1085 kontak om ‘n oudisie te reël. Veral jongmense word genooi om te kom aansluit.
Sondag se musiekfees is vanaf 11:45 in die NG Kerk Vredefort. Die konsert is gratis, maar donasies sal met ope arms ontvang word. Na die konsert word kerrie-en-rys verkoop. Moenie die geleentheid misloop om na wonder

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button