Entertainment

Help, anders is dorp sy fees kwyt!

Help, anders is dorp sy fees kwyt!

Nog net ’n druppel in die emmer. Dit is waar Parys nou staan met sy droom om weer vanjaar ’n kunstefees in die dorp aan te bied.
Die Parys Arts Festival wat in 2018 vir die eerste keer aangebied is, was ’n wegholsukses, maar sonder fondse sal dit eenvoudig nie vanjaar moontlik wees om die fees te hou nie.
Volgens feesorganiseerder, Deon Terblanche, is dit nodig om minstens R50 000 in te samel wat uitsluitlik vir bemarking en kunstenaar-besprekings gebruik sal word. Hiervan kon nog net ’n skamele R3 300 bymekaar gemaak word.
Terblanche sê daar is geen twyfel dat die dorp weer vanjaar dié gewilde fees wil aanbied nie, maar as die mikpunt van R50 000 nie betyds bereik word nie, kan daar nie voortgegaan word nie.
Hy verduidelik dat die R50 000 wat nodig is, kan groei tot ’n beduidende ekonomiese inspuiting vir die dorp van tot R500 000 en meer.
Maar as minder as die doelwit ingesamel word, sal alle gelde terugbetaal moet word en sal die fees nie gehou word nie.
In 2018 was dit juis die betrokkenheid van die dorp en sy mense, sakelui en kunstenaars wat bygedra het tot die unieke atmosfeer van die fees. Daarom hoe meer ingesamel word, hoe groter kan die sukses van die fees wees.
Gaan kyk op https://www.thundafund.com/project/parysartsfestival hoe jy kan help en betrokke raak. Elke rand is ‘n rand nader aan die doelwit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button