Entertainment

Kamermusiek-uitvoering dié naweek

Kamermusiek-uitvoering dié naweek

Hierdie Saterdagaand, 26 Januarie, om 19:00 word ‘n musiekuitvoering van kamermusiek met hobo, klawesimbel en fagot in die NG Kerk Vredefort aangebied.
Dit is die afsluitingskonsert van ‘n
kursus in barokhobo en continuo-spel wat hierdie week by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein in die Vredefort Koepel aangebied word.
Die uitvoerders is Georg Fritz (Innsbruck, Oostenryk), John Reid Coulter (Potchefstroom), Gerhard Benade (Deelfontein) en die deelnemers aan die kursus.
Musiek van Couperin, Telemann en ander bekende barokkomponiste sal uitgevoer word.
Kaartjies kos R100 en sal by die deur beskikbaar wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button