Entertainment

Kom luister na Christmas/Kersfees Songs of Praise

Kom luister na Kersfees/Christmas Songs of Praise.

VANDERBIJLPARK. – As jy voel die jaar word te lank en die vooruitsigte al donkerder, is daar een manier om te verseker dat jy nuwe inspirasie kry: die Songs of Praise-aanbieding wat op 2 Desember by die NG Gemeente Driehoek gehou word.

Bespreek sommer nou reeds jou en jou gesin se kaartjies vir dié jaarlikse hoogtepunt op die Vaaldriehoekse musiekkalender. Daar is ongetwyfeld geen beter Kersgeskenk wat jy vir jouself en jou gesin kan gee nie! Die geleentheid word gekoördineer deur Noteworthy Events™.

Die gesigte agter Noteworthy Events™ behoort aan Gideon Els en Lanie Coetzer. Hoewel die talentvolle prof. Gideon in musiek uitblink, is hy eintlik ‘n professor in Rekeningkunde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), ‘n orrelis en die koormeester van Cantare Jubiloso Koor.

Lanie is ‘n gekwalifiseerde prokureur, finansiële- en administratiewe bestuurder, ‘n skaapteler-boervrou en die bemarkings- en logistieke koördineerder van Cantare Jubiloso Koor.

Sowel Gideon as Lanie het ‘n onblusbare passie vir musiek en is bekend daarvoor dat hulle voortdurend keurige, kwaliteit musiekproduksies op die planke bring. Terselfdertyd is dit vir hulle belangrik om ook aan jong opkomende talent in die land geleenthede te bied. ‘n Baie persoonlike aanslag is kenmerkend van hulle konserte.

“Daar is ‘n spreekwoord wat lui: ‘Music is the universal language of mankind’. Daar is geen kragtiger instrument as musiek om mense aan mekaar te bind en saam te snoer nie. Musiek inspireer, vertroos en vervul. Dit is ons missie by Noteworthy Events om juis hierdie uitsonderlike eienskappe van musiek aan te wend en by elke konsert aan ons gehoor van begin tot einde ‘n fantastiese ‘geheel-ervaring’ te verskaf, wat hulle met nuwe moed en vuur uit ons konsertsale sal laat stap,” sê Lanie.

“Deur die samevoeging van ons albei se individuele vaardighede wil ons onvergeetlike oomblikke skep wat mense vir ‘n leeftyd met hulle kan saamneem. Daarom word ons gehoor op ‘n besondere persoonlike wyse hanteer en is ons konserte interaktief en altyd interessant. Ons streef daarna om voortdurend met vindingryke idees altyd iets vars en nuut aan mense te bied. Ons gehoor se geluk en tevredenheid is vir ons van kardinale belang,” sê Gideon.

Die Christmas/Kersfees Songs of Praise 2018 is ‘n tweetalige aanbieding wat beloof om oud en jonk mee te voer en te inspireer.

Saam met die gevierde dirigent Richard Cock, The Praise Symphonic Orchestra, Douwe Bijkersma, prof. Theo van Wyk, Santa’s Septet en natuurlik Gideon and Lanie, kan jy verseker wees dat daar ‘n asemrowende, opbeurende en wonderlike dag op jou wag.

“Kom vier Kersfees op ‘n besondere en innige wyse saam met ons en word deel van die Noteworthy Events-familie!” nooi Lanie en Gideon.

Kaartjies is teen R195 per persoon by Computicket beskikbaar, maar vir ‘n beperkte tyd kan dit teen ‘n afslagtarief van R180 direk by Lanie bespreek word. Nadere besonderhede is beskikbaar by Lanie by 082 940 9001.

 

Related Articles

Back to top button