Entertainment

Lentekonsert met ’n splinternuwe baadjie

Die “Splinternuwe baadjie” behels die feit dat ons van uitstekende instrumentaliste gebruik maak en geen klankbane gebruik nie.

Suzette Wilkens Produksies bied Vrydag en Saterdag 7 en 8 September om 19:00 weer die jaarlikse Lentekonsert in die Miederpark Kerk aan.
Die produksie heet Tydloos/Timeless en bied voorwaar tydlose musiek aan.
Gunstelinge wat die toets van tyd deurstaan het en ons soliste, Vita Wilkens (sopraan), Chantelle Brand (alt), Dewald Grobler (bariton), Johan Schlebusch (bariton) en Marco Basson (tenoor) se stemme uitstekend pas.
Marco het verlede jaar aan “The Voice SA” deelgeneem en almal was in ekstase oor sy pragtige stem en voorkoms op die verhoog.
Hy was onder die top tien en ons is baie trots daarop. Met Marco terug is die volgende treffers ‘n moet! The Great Pretender, Namakwaland en natuurlik Barcelona saam met Vita en Dewald.
Uit die opera-afdeling is die Nessun Dorma met Dewald en Vita so opwindend soos die lied self. Kyk hoe glinster die maan en ABBA se The winner takes it all word deur Chantall Brand getrou aan die styl gesing.
Die veelsydige Johan Schlebusch is op sy beste met Oh What a Beautiful morning (Oklahoma) en Fly me to the moon.
Die “Splinternuwe baadjie” behels die feit dat ons van uitstekende instrumentaliste gebruik maak en geen klankbane gebruik nie. Hulle is Ruaan Kruyshaar (klavier/klawerbord), Armand Moolman (orrel/klawerbord), Charles Olivier (tjello) en Ian Grewar (viool).
Ruaan is besig om sy studies aan die NWU te voltooi. In 2015 het hy die NWU-Musiekbeurs vir die mees belowende eerstejaarstudent gekry. In dieselfde jaar het hy ook die Anneli Combrinck beurs vir die beste voorgraadse student in enige instrument gekry.
In 2017 en 2018 was hy die wenner van Pukki-Talentfees vir beste instrumentaal.
Hy kry musiekklasse by Petronel Malan en tree op in verskeie musiekproduksies soos Oos-Londen “Arts Theatre”, “Alexander Playhouse” en “Guild Theatre” asook produksies van die NWU Potchefstroom.
In 2016 het hy een hele semester in Swede by die Royal College vir Musiek in Stockholm deurgebring (begeleiding en ensemble).
Hy het ook ‘n Unisa merietetoekenning vir uitstaande onderrig in musiekteorie ontvang.
Kaartjies vir die konsert kos R100 en is vanaf 1 Augustus by AJR Mooirivier Mall, Frik Kirstein Tuinhuis, swproduksies@gmail.com en by die deure van Miederpark Kerk op die aande van die vertonings te koop.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button