Entertainment

Beleef die ‘Kern’ van Stef Bos

SASOLBURG. – Vaaldriehoekse aanhangers van die sanger, liedjieskrywer en pianis Stef Bos het op 6 Mei om 15:00 ‘n geleentheid om dié begaafde musikant in lewende lywe in sy vertoning Kern by die Etienne Rousseau-teater te hoor optree.

 

Bos is een van die voorste Nederlandse/Belgiese/Vlaamse ‘kleinkunst’-kunstenaars. Hy het sy loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf as akteur en kabaretkunstenaar begin voordat hy in 1990 sy deurbraak as musikant gemaak het met die treffer “Papa”, wat dubbelplatinumstatus bereik het.

Met sy unieke styl waarmee hy raakvlakke tussen sy musiek, sy lewenskennis en sy teatrale vertonings skep, het hy reeds prestige toekennings soos die Golden Harp (Holland), die Edison Awards (Amerika) en Fiësta (Suid-Afrika) ingepalm. Sy lirieke word as taaljuweeltjies met diepe betekenis beskryf, wat mens nog lank nadat die musiek weggesterf het, steeds bybly. Poëtiese sinne soos: ‘Het onzingbare zingen, het onzegbare zeggen’; ‘Ons leven is een sprong in een rivier van tijd’; ‘Alles wat wij zien is wat wij dromen in het hoofd waarin wij wonen’ en ‘Soms moet je weggaan om te leren blijven’.

* Dié vertoning kan beslis aanbeveel word. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button