Entertainment

Fliek Vlooi: The Mummy

Ek gee The Mummy 5,5 / 10. Hoewel dit opwindend begin het, was die einde vir my baie teleurstellend. Ek het baie meer skokkende tonele verwag, maar was eintlik net verveeld. Dit het my ook gepla hoe baie die regisseurs probeer het om Tom Cruise se karakter soos die van Brendan Fraser te maak. Daar …

The Mummy is ’n nuwe weergawe van die bekende Mummy-reeks wat meeste fliekkykers lief gemaak het vir die prettige Brendan Fraser.

Nou, 9 jaar na die derde Mummy in die reeks, The Mummy: Tomb of the Dragon Emperor, het Dark Universe The Mummy weer laat opstaan uit die graf, dié keer met Tom Cruise as plaasvervanger vir Fraser.

Nick Morton (Cruise) is ’n soldaat wie se eer eintlik net in geld en rykdom lê. Hy en sy mede-soldaat en beste vriend, Chris Vail (Jake Johnson) plunder kosbare artefakte om op die swartmark te verkoop.

Op een van hul avonture by ’n dorp in die Midde-Ooste, waar hulle glo daar groot skatte begrawe is, beland die twee in die moeilikheid, en moet hulle hul weg uit die dorpie uit veg. In die middel van die geskietery, help hul mede-soldate hulle deur ’n bom te laat val, en so ook ’n reuse ondergrondse kamer met die graf van ’n Egiptiese prinses wat uit die geskiedenisboeke geskrap is, Prinses Ahmanet (Sofia Boutella), te onthul.

Die graf van Ahmanet word na Engeland vervoer, waar dit bestudeer gaan word deur die argeoloog Jennifer “Jenny” Halsey (Annabelle Wallis), maar steeds op die vliegtuig, begin dinge lelik skeef loop, en besef ’n mens waarom die graf vir vyfduisend jaar weggesteek was.

Die bose prinses ontwaak en maak dit haar missie om dit wat sy vyfduisend jaar terug sou doen, nou te voltooi, en dit is om die Egiptiese god van die dood, Set, na lewe te bring.

Morton besef dat hy moontlik die enigste een is wat die wereld kan beskerm teen die bose magte van Ahmanet, maar moet ’n groot opoffering maak, wat sy lewe kan kos.

Ek gee The Mummy 5,5 / 10. Hoewel dit opwindend begin het, was die einde vir my baie teleurstellend. Ek het baie meer skokkende tonele verwag, maar was eintlik net verveeld. Dit het my ook gepla hoe baie die regisseurs probeer het om Tom Cruise se karakter soos die van Brendan Fraser te maak. Daar is net een Brendan Fraser, en Cruise het in die fliek sy persoonlikheid probeer namaak.

Behalwe vir dit, was die fliek steeds nie sleg gedoen nie, en as jy ’n Mummy aanhanger is, kyk dit, anders gaan jy nooit weet of dit vir jou goed was of nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button