Entertainment

Melk en Vleis skitter by Aardklop 2017 toekennings

Melk en Vleis het vanjaar weggestap met hande vol toekennings by Aardklop se jaarlikse toekenningsfunksie. Paul du Toit, Marthinus Basson en Ilse Roos se produksie Melk en Vleis het die prys gewen vir die beste algehele aanbieding. FOTO: Marianke Saayman Melk en Vleis het vanjaar weggestap met hande vol toekennings by Aardklop se jaarlikse toekenningsfunksie. …

Paul du Toit, Marthinus Basson en Ilse Roos se produksie Melk en Vleis het die prys gewen vir die beste algehele aanbieding. FOTO: Marianke Saayman

Paul du Toit, Marthinus Basson en Ilse Roos se produksie Melk en Vleis het die prys gewen vir die beste algehele aanbieding. FOTO: Marianke Saayman

Melk en Vleis het vanjaar weggestap met hande vol toekennings by Aardklop se jaarlikse toekenningsfunksie. Aardklop het vanjaar weer baie talent opgelewer en die toekenningsfunksie het soos oudergewoonte eer gebring aan ’n paar besondere vertonings wat verdien het om Potchefstroom met ’n Aardklop-trofee te verlaat.

Die funksie het op Vrydag 6 Oktober by die nuutgeboude River Café plaasgevind. Die passievolle feesbestuurder, Alexa Strachan, het met die afskop van die toekennings gesê “ons is vanaand hier om ons produk te eer, en dit is die kunstenaars.”

Milan Murray ontvang die Aardklop Hartsmense Beste Produksie-toekenning vir Weerkaats. FOTO: Marianke Saayman

Milan Murray ontvang die Aardklop Hartsmense Beste Produksie-toekenning vir Weerkaats. FOTO: Marianke Saayman

Aardklop het vanjaar twee nuwe toekennings oorhandig. Die een is vir die beste visuele kunsuitstalling, wat gegaan het aan Elbie Erasmus vir die uitstalling Snake Eyes 2.0. Dit was deel van die Found Coollective-uitstalling. Die volgende toekenning was die Aardklop Hartsmense Beste Produksie-toekenning. Die wenner van hierdie toekenning is bepaal deur Aardklop se top kaartjiekopers en is toegeken aan Milan Murray vir die produksie, Weerkaats.

Die span wat deel was van die Melk en Vleis-produksie het verskeie toekennings ingeryg.
Paul du Toit het die toekenning ontvang vir beste akteur en Ilse Roos vir beste aktrise. Beide vir hul rolle in Melk en Vleis.

Feesbestuurder Alexa Strachan (links) oorhandig die prys vir die beste visuele kunsuitstalling aan Elbie Erasmus, een van die kurators van Snake Eyes 2.0. FOTO: Marianke Saayman

Feesbestuurder Alexa Strachan (links) oorhandig die prys vir die beste visuele kunsuitstalling aan Elbie Erasmus, een van die kurators van Snake Eyes 2.0. FOTO: Marianke Saayman

Marthinus Basson van dieselfde produksie het ook die toekenning vir beste regisseur ontvang en die produksie is die aand as beste algehele aanbieding tydens Aardklop 2017 aangewys.

Die ATKV toekenning vir mees grensverskuiwende werk, waarvoor net debuutwerke in aanmerking gekom het, is ook oorhandig aan Melk en Vleis.


You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button