Entertainment

Fliek Vlooi: Kong: Skull Island

Ek gee Kong: Skull Island 7/10. Dit is ’n aksiebelaaide monsterfliek wat glad nie huiwer om die kyker van begin tot einde te vermaak met reuse monsters, gruwelike dode en martelende gevegte nie. Kong: Skull Island maak ’n heel nuwe wêreld oop vol reuse monsters, gevaarlike gediertes en ’n plek waar amper alles jou kan …

Kong: Skull Island maak ’n heel nuwe wêreld oop vol reuse monsters, gevaarlike gediertes en ’n plek waar amper alles jou kan doodmaak… selfs die miere.
Hoewel dit ook gebaseer is op die reuse gorilla wat in die King Kong films vertoon, is dit ’n storie wat terug gaan in tyd en afspeel toe King Kong vir die eerste keer ontdek is.

Aan die einde van die Viëtnamese oorlog pak ’n groep wetenskaplikes, avonturiers en soldate ’n gevaarlike avontuur aan wat nog nooit van tevore deur enige iemand aangedurf is nie.

Hulle besoek ’n onbekende, geheimsinnige eiland in die stille oseaan wat nou vir die eerste keer ontdek is en gedoop is Skull Island, aangesien die eiland uit die lug uit soos ’n onheilspellende skedel lyk.
Op die eiland is hulle heeltemal afgesluit van die buitewêreld met geen kommunikasie of manier om die eiland weer te verlaat, behalwe die opdrag dat hulle oor drie dae aan die anderkant van die eiland moet wees waar helikopters vir hulle sal wag.

Hul reis na die anderkant van die eiland is wel nie so maklik soos wat hulle gedink het dit gaan wees nie, aangesien hulle met hul aankoms reeds gegroet is deur ’n reuse gorilla wat bekend staan as die god van die eiland.
Kong is wel nie die ergste van hul probleme nie. Die groep ontdek baie mooi, maar ook baie gevaarlike wesens en vinnig het hul onderneming tot ontdekking, verander in een om oorlewing.

Ek gee Kong: Skull Island 7/10. Dit is ’n aksiebelaaide monsterfliek wat glad nie huiwer om die kyker van begin tot einde te vermaak met reuse monsters, gruwelike dode en martelende gevegte nie.
Soos min ander monster flieks, vat hulle ook nie lank om die monster voor te stel nie, en Kong is deurentyd daar om die spanning hoog te hou.
Met Samuel L. Jackson, Tom Hiddleston, John Goodman en Brie Larson, is hierdie ’n fliek wat die moeite werd is om te kyk.

Related Articles

Back to top button