Entertainment

Fliek Vlooi: Inferno

Ek gee Inferno 7/10. Hoewel dit ’n baie goeie fliek was, was dit nie so goed soos die eerste een in die reeks, The Da Vinci Code nie. Daar is wel baie spanning en opbouende oomblikke wat jou op die punt van jou stoel sal laat sit. As jy ’n aanhanger is van die Dan …

As jy ’n aanhanger is van die Dan Brown boeke en die eerste twee flieks, The Da Vinci Code en Angels and Demons geniet het, moet jy beslis die moeite doen om die derde uitgawe van die reeks, Inferno, te kyk.
Dit fokus op die bekende Italiaanse digter Dante Alighieri, wat geskryf het oor sy drome waar hy deur die hemel, hel en purgatorium reis op soek na sy geliefde Beatrice, wie se siel deur Satan geneem is.

In Inferno word die bekende simboloog, professor Robert Langdon (Tom Hanks), met ’n kopbesering wakker in ’n Italiaanse hospitaal met geen geheue van hoe hy daar gekom het, of wat gebeur het nie.
Skielik word hy deur ’n onbekende vrou aangeval, en moet hy saam met dokter Sienna Brooks (Felicity Jones) uit die hospitaal vlug.

Sienna help hom om te probeer onthou wat die vorige paar dae gebeur het, deur ’n spoor van leidrade te volg.
Elke leidraad is gekoppel aan die legende van Dante Alighieri en lei hul al dieper in gevaar in.
Robert en Sienna besef dat dit van hulle afhang om ’n dodelike virus op te spoor wat deur die radikale wetenskaplike, Bertrand Zobrust (Ben Foster) geskep is om die helfte van die mensdom uit te wis.
Maar hoe nader hulle aan antwoorde kom, hoe meer begin Robert sy geheue terug kry, en besef dat alles nie is soos dit voorkom nie.

Ek gee Inferno 7/10. Hoewel dit ’n baie goeie fliek was, was dit nie so goed soos die eerste een in die reeks, The Da Vinci Code nie. Daar is wel baie spanning en opbouende oomblikke wat jou op die punt van jou stoel sal laat sit.

Related Articles

Back to top button