Entertainment

Fliek Vlooi: Storks

Ek gee Storks 8/10. Dit is ’n snaakse en avontuurlike animasie wat pret vir die hele gesin beloof. Maak nie saak hoe oud of jonk jy is nie, die humor en pure lawwigheid sal jou laat kreun van die lag. Die meeste van ons word groot met die storie dat ooievaars verantwoordelik is vir baba-aflewerings. …

Die meeste van ons word groot met die storie dat ooievaars verantwoordelik is vir baba-aflewerings.
Ek onthou dat dit altyd my ma se antwoord was toe ek haar gevra het waar babas vandaan kom: ‘’n groot voël kom laai die baba by die voordeur af.’
Storks gaan oor ’n afleweringsmaatskappy wat op Stork Mountain gestig is. Hulle het voorheen gespesialiseer in die aflewering van babas, maar na ’n ongeluk 18 jaar gelede, wat veroorsaak het dat ’n babadogtertjie nie by haar familie sal kan uitkom nie, het dié maatskappy, wat bekend staan as Cornerstore.com, besluit om baba-aflewerings te staak.
Die maatskappy, wat nou alles behalwe babas aflewer, word bestuur deur ’n ooievaar, en almal wat daar werk is ook ooievaars, behalwe vir die handjievol voëls wat nie kan vlieg nie, en natuurlik Tulip (Katie Crown), die mens wat 18 jaar gelede nie na haar familie kon gaan nie, en deel geword het van die Stork Mountain familie – of so het sy gedink.
Toe Stork Mountain se top afleweringsooievaar, Junior (Andy Samberg) gevra word om Tulip af te dank aangesien sy nou 18 is en op haar eie kan aangaan, loop dinge lelik skeef.
Tulip is nou maar net ’n ongeluksvoël en skielik sit sy en Junior met ’n baba op hul hande.
Junior, wat graag bevorder wil word, en Tulip wat net graag haar familie wil vind, pak ’n gevaarlike avontuur aan om die klein ongeluk-baba by haar gesin te kry, sonder dat iemand daarvan uitvind.

Ek gee Storks 8/10. Dit is ’n snaakse en avontuurlike animasie wat pret vir die hele gesin beloof. Maak nie saak hoe oud of jonk jy is nie, die humor en pure lawwigheid sal jou laat kreun van die lag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button