Entertainment

Fliek Vlooi: Arrival

Ek gee Arrival 9/10. Dit is ’n briljante storie wat wys watter belangrike rol kommunikasie werklik speel. Nadat 12 reuse vlieënde voorwerpe op verskeie plekke oor die aarde neerdaal, word linguïstiek professor Louise Banks (Amy Adams) gevra om die Amerikaanse regering te help kommunikeer met die wesens uit die buitenste ruim (aliens), wat dié voorwerpe …

Nadat 12 reuse vlieënde voorwerpe op verskeie plekke oor die aarde neerdaal, word linguïstiek professor Louise Banks (Amy Adams) gevra om die Amerikaanse regering te help kommunikeer met die wesens uit die buitenste ruim (aliens), wat dié voorwerpe beman.
Aangesien Banks ’n besondere aanleg vir tale het, en die regering eers op ’n vreedsame manier wil uitvind wat hierdie wesens op aarde kom maak het sy, ’n teoretiese fisikus Ian Donnelly (Jeremy Renner) en die ander navorsers wat onder haar werk, ’n ingewikkelde en belangrike taak om aan te pak.

Dit neem maande vir Banks om ’n kommunikasiekanaal tussen die mense en die aliens vas te stel, en nog ’n klompie maande om sin te begin maak uit wat hulle kommunikeer. Hoe nader Banks daaraan kom om met die wesens te kommunikeer, hoe vreemder begin haar gemoed raak. Sy begin vreemde drome en visies kry en hallusineer in die middel van die dag, tot op ’n dag, toe sy besef dat haar drome nie net drome is nie, maar dat sy eintlik besig is om die alien wesens se taal te bemagtig.

Met die Chinese regering op die punt van oorlog, word daar geweldig baie druk op Banks geplaas om die presiese doel van die aliens se koms na die aarde vas te stel.
Met die hoop om die aliens se vertroue te wen, vat sy ’n kans wat haar lewe kan kos en die einde van die mensdom kan beteken.

Ek gee Arrival 9/10. Dit is ’n briljante storie wat wys watter belangrike rol kommunikasie werklik speel. Die fliek laat jou hare regop staan, dit laat jou dieper dink en net wanneer jy dink jy weet wat aangaan, word jy weer van voor af deurmekaar geskommel.
Daar is wel een ding wat my pla van die fliek: aan die einde het ek steeds die vraag gehad waarom die aliens werklik aarde toe is? Miskien moet ek dit net weer gaan kyk.

Related Articles

Back to top button