Entertainment

Fliek Vlooi: Masterminds

Ek gee Masterminds 8/10. Dis ’n briljante snaakse en lighartige oorvertelling van ’n baie ernstige gebeurtenis in die geskiedenis van Amerika. Al is van die gebeure in die film vergesog, bly dit steeds by die feite van die oorspronklike misdaad.

Masterminds is ’n 2016 aksie-komedie wat gebaseer is op die gebeure van die 1997 Loomis Fargo-rooftog in Noord-Carolina.
Zach Galifianakis, Kate McKinnon, Owen Wilson, Kristen Wiig, Jason Sudeikis en Leslie Jones speel in die briljante oorvertelling van een van die grootste rooftogte in die geskiedenis van Amerika, waar Loomis Fargo & Company (’n kontantverwerkingsmaatskappy) deur een van hul eie sekuriteitswagte, David Scott Ghantt, van sowat 17.3 miljoen dollar beroof is.
Dit het gebeur net sewe maande nadat dieselfde maatskappy van 18 miljoen dollar deur een van hul drywers, Phillip Johnson, beroof is.
Die selfbejammerende Zach Galifianakis speel die rol van Ghantt wat deur die beeldskone Kelly Campbell (Wigg) verlei word om haar en haar vriend Eugene Chambers (Wilson) te help om hul hande op Loomis Fargo se geld te kry.
Ghantt val so hard vir Campbell dat hy 17.3 miljoen dollar van die maatskappy waar hy werk vir haar steel.
Hy los sy verloofde Jandice (Kate McKinnon) net so en vlug na Mexiko, waar hy wag vir die rook om te gaan lê sodat sy geliefde, Kelly Campbell daar by hom kan aansluit en hulle vir ewig gelukkig kan saamleef.
Dit is glad nie hoe die storie eindig nie.
Toe Ghant besef dat hy mislei is, is dit te laat en vind hy homself in ’n vreemde land, besig om te veg vir sy lewe, terwyl Eugene Chambers, die meesterbrein agter die rooftog, met al hul geld agteroor lê.

Ek gee Masterminds 8/10. Dis ’n briljante snaakse en lighartige oorvertelling van ’n baie ernstige gebeurtenis in die geskiedenis van Amerika.
Al is van die gebeure in die film vergesog, bly dit steeds by die feite van die oorspronklike misdaad.

Related Articles

Back to top button