Entertainment

Fliek Vlooi: The Legend of Tarzan

Ek gee die fliek 7/10. Alhoewel die fliek baie goeie spesiale effekte bevat en baie goeie akteurs het, was daar wel ‘n tekort.

tarzan

Wanneer ‘n mens aan Tarzan dink, dink jy dadelik aan die halfkaal aapman wat aan takke in die oerwoud rondswaai, met gorillas praat en met luiperds baklei. The Legend of Tarzan begin deur ons ‘n heel ander Tarzan te wys, een wat in ‘n reuse huis in die Viktoriaanse Engeland woon en netjies aantrek. Hierdie fliek speel af sowat ‘n dekade nadat Tarzan (Alexander Skarsgård) oftewel John Clayton III, die wilde Afrika verlaat om saam met sy vrou Jane Porter (Margot Robbie) in Engeland te gaan woon.
Alhoewel hy dink hulle nou veilig is, lê daar ‘n groot gevaar op die horison wanneer Leon Ron (Christoph Waltz) die slinkse gesant van Koning Leopold, ‘n skelm plan beraam om Tarzan terug na die Kongo te lok, waar hy hom dan wil oorgee aan die leier van ‘n wrede stam, Chief Mbonga (Djimon Hounsou), wat daarop uit is om wraak te neem oor hom, in ruil vir ‘n paar skaars en waardevolle diamante.
Tarzan, Jane en die Amerikaanse gesant George Washington Williams (Samuel L. Jackson), reis na die Kongo, waar hulle weer herenig word met die mense waarmee hulle grootgeword het.
Dinge loop vinnig skeef en Jane se lewe word bedreig deur die selfsugtige sosiopaat, Ron. Tarzan en Williams durf die gevaarlike oerwoud aan om nie net vir Jane nie, maar duisende slaafgevangenes te red.
The Legend of Tarzan is vol aksie en avontuur en beeldskone tonele van die magiese oerwoud en die diere daarin.
* Ek gee die fliek 7/10. Alhoewel die fliek baie goeie spesiale effekte bevat en baie goeie akteurs het, was daar wel ‘n tekort.
Dit het min emosie uitgelok en ek het die hele tyd gesoek vir ‘n dieper boodskap, maar glad nie een gevind nie.
The Legend of Tarzan het geen ouderdomsbeperking nie, maar ouertoesig word aanbeveel vir jonger kykers.
Die DVD is beskikbaar om uit te neem by DVD4home op die hoek van Retiefstraat en Govan Mbekirylaan, of skakel hulle by (018) 293 3895.

Related Articles

Back to top button