Entertainment

Sarel’s Hardware span saam teen kanker

VANDERBIJLPARK. – Die kankervereniging in die Vaaldriehoek het onlangs ‘n stewige hupstoot gekry danksy ‘n skenking van R20 000 van Sarel’s Hardware in Helena Lochnerstraat In ‘n tyd waar die ekonomie knyp en baie sakeondernemings swaar trek, is dit ongewoon dat sakelui bereid is om soveel geld aan ‘n diensorganisasie soos Cansa te skenk. Daar …

VANDERBIJLPARK. – Die kankervereniging in die Vaaldriehoek het onlangs ‘n stewige hupstoot gekry danksy ‘n skenking van R20 000 van Sarel’s Hardware in Helena Lochnerstraat
In ‘n tyd waar die ekonomie knyp en baie sakeondernemings swaar trek, is dit ongewoon dat sakelui bereid is om soveel geld aan ‘n diensorganisasie soos Cansa te skenk.
Daar is egter ‘n goeie rede waarom Sarel Brits en sy span uit hul pad gegaan het om die bedrag as ‘n donasie in te samel.
Twee van die Britse se geliefde familielede is die afgelope jare met kanker gediagnoseer. Hulle het eerstehands kennis gemaak met die fisiese en finansiële eise wat die siekte aan kankerlyers stel en wou daarom graag ‘n bydrae maak.
“Met ons skenking wil ons graag ‘n bydrae probeer maak dat mense sonder mediese fondse ook ‘n regverdige geleentheid sal kry vir deeglike mediese sorg in hul stryd teen kanker.
“As eienaar van Sarel’s Hardware wil ek ook graag dankie sê aan Estelle Nel, ons bestuurderes, vir haar hulp en motivering met die insameling van die fondse.
“Ek wil ook elke skenker en kliënt wat ‘n bydrae gemaak het, van harte bedank. Ons glo dat die skenking voordelig gebruik sal kan word,” sê mnr. Brits. Cansa Vaaldriehoek dra graag hul opregte dank aan die onderneming oor.

Die span van Sarel's Hardware wat met hul kliënte saamgespan het om geld vir Cansa in te samel, is van links: Estelle Nel (bestuurderes), Charné de Jager (Cansa-vrywilliger) en Sarel Brits (eienaar van die onderneming).
Die span van Sarel’s Hardware wat met hul kliënte saamgespan het om geld vir Cansa in te samel, is van links: Estelle Nel (bestuurderes), Charné de Jager (Cansa-vrywilliger) en Sarel Brits (eienaar van die onderneming).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button