Entertainment

Warm klanke by Barnyard gaan winterkoue verdryf

VEREENIGING. – ‘n Musikale genot wag komende week by Vereeniging Barnyard op liefhebbers van die sangpaar Simon & Garfunkel se musiek, sowel as op almal wat mal is oor Ray Dylan. Op 28 Mei kom die duo, Marcato, die Vaaldriehoek besoek met hul huldeblyk aan Simon & Garfunkel. Musiekliefhebbers wat dié twee boerseuns al hoor …

VEREENIGING. – ‘n Musikale genot wag komende week by Vereeniging Barnyard op liefhebbers van die sangpaar Simon & Garfunkel se musiek, sowel as op almal wat mal is oor Ray Dylan. Op 28 Mei kom die duo, Marcato, die Vaaldriehoek besoek met hul huldeblyk aan Simon & Garfunkel. Musiekliefhebbers wat dié twee boerseuns al hoor optree het, sê hulle is net so goed, indien nie beter nie, as die oorspronklike sangpaar! Hulle tree die aand om 20:00 op en kaartjies kos R120 per persoon.Op 30 Mei is dit blondekuif Ray Dylan se beurt om warm ritme in sy aanhangers se koue herfslywe te kom opjaag wanneer hy om 20:00 optree. Kaartjies kos R110 per persoon. Bespreek sommer dadelik jou kaartjies by (016) 454 8388.
* Vier lesers gaan dubbelkaartjies vir dié vertonings wen. SMS “Marcato” of “Ray”, gevolg deur die datums waarop hulle optree, en dan jou eie naam en van na 45534. Jy kan vir elk van die optredes aparte SMS’e stuur. SMS’e kos R1-50 elk en moet ons nie later as Sondag ber

Marcato
Marcato
Ray Dylan
Ray Dylan

eik.

Related Articles

Back to top button