Entertainment

Manne-aand saam met Piet Pompies

VEREENIGING. – NG Welsyn is ‘n gesinsorganisasie en beywer hulle om kinders en families te beskerm en mense in nood te help. Volwassenes en kinders gaan deur erge trauma, wat hul hele mens- en kindwees beïnvloed. Hierdie mense het intensiewe terapeutiese dienste nodig om die trauma te verwerk. Om hierdie diens te kan lewer, moet …

VEREENIGING. – NG Welsyn is ‘n gesinsorganisasie en beywer hulle om kinders en families te beskerm en mense in nood te help. Volwassenes en kinders gaan deur erge trauma, wat hul hele mens- en kindwees beïnvloed.
Hierdie mense het intensiewe terapeutiese dienste nodig om die trauma te verwerk. Om hierdie diens te kan lewer, moet NG Welsyn bykomende fondse insamel.
Daarom bied NG Welsyn Vereeniging vanjaar ‘n Manne-aand aan. Dit vind plaas op Donderdag 6 Augustus en beloof om ‘n onvergeetlike, lekker saamkuieraand te wees.
Die gaskunstenaar is Piet Pompies. Hy was voorheen hoofsanger van die gewilde groep DJ Ossewa. Hy word beskou as ‘n kunstenaar met ‘n uitstekende verhoogpersoonlikheid. Hy is ook ‘n uitmuntende afslaer en tree gereeld op as seremoniemeester by funksies. Kom geniet sy voetstamp, polsende lyfswaailiedjies en sprankelende persoonlikheid.
Die koste beloop R300 per persoon en sluit ook ‘n vingerete in. Gaste kan uitsien na drie ure van vermaak, van 19:00 tot 22:00 by die Three Rivers Lodge in Drie Riviere. Kaartjies is beskikbaar by die kantoor in Hofmeyerlaan 30 (dit is op die perseel van die ou Klipkerk, regoor Mega Apteek).
Vir navrae kontak Rika Spamers by (016) 421 4044/5 of stuur ‘n e-pos na ngwvereeniging@absamail.co.za.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button