Entertainment

Angus kom kuier in die Vaal

Die bekende en gerespekteerde Angus Buchan besoek op 24 Mei die Vaaldriehoek en dit is ‘n geleentheid wat nie gemis kan word nie. Die dag sal op die terrein van Vereeniging Gimnasium plaasvind en die hekke sal om 09:00 open. Daar sal om 12:00 ‘n samesang en lofprysing wees, terwyl Angus om 13:00 sal optree, …

Die bekende en gerespekteerde Angus Buchan besoek op 24 Mei die Vaaldriehoek en dit is ‘n geleentheid wat nie gemis kan word nie. Die dag sal op die terrein van Vereeniging Gimnasium plaasvind en die hekke sal om 09:00 open. Daar sal om 12:00 ‘n samesang en lofprysing wees, terwyl Angus om 13:00 sal optree, met die afsluiting om 14:30. Koste beloop R50 per persoon en kinders kry gratis toegang. Elkeen moet sy eie stoel of kombers saambring om op te sit. Daar sal meer as genoeg veilige parkering wees en sangbundels sal by die hekke uitgedeel word. Fondse wat op die dag ingesamel word is ten bate van Radiokansel. Vir nadere besonderhede skakel Lydia Landman by 083 442 2234.

Angus Buchan
Angus Buchan

Related Articles

Back to top button