EntertainmentFind a friendLifestyle

Enkellopersgroep bars uit sy nate

Die enkellopersgroep wat onlangs in die Vaaldriehoek tot stand gekom het na aanleiding van lesers se versoeke aan Ster en Vaalweekblad, groei by die dag. Hoewel dit nie ‘n klub in die ware sin van die woord is nie, kom die groep enkellopers nou gereeld maandeliks bymekaar om hul vriendekring uit te brei en die …

Die enkellopersgroep wat onlangs in die Vaaldriehoek tot stand gekom het na aanleiding van lesers se versoeke aan Ster en Vaalweekblad, groei by die dag. Hoewel dit nie ‘n klub in die ware sin van die woord is nie, kom die groep enkellopers nou gereeld maandeliks bymekaar om hul vriendekring uit te brei en die eensaamheid te laat wyk. Die volgende byeenkoms is 30 Mei, wanneer enkellopendes van 40 jaar en ouer kan kom pret maak op ‘n cruiser op die Vaaldam. Daar sal sommer op die boot gebraai word. Besprekings is noodsaaklik. Nadere besonderhede is beskikbaar by Sarie Niemand by 073 153 5982.

Related Articles

Back to top button