Entertainment

Unieke geleentheid om Turkye te besoek

Turkye is een van die gewildste lande om te besoek en beslis vir ’n goeie rede! Hier is geleentheid om dit teen ’n werklike winskoopprys te doen. Ds. Eon Coetzee van Vanderbijlpark bied ’n 10 dag toer, van 2 tot 11 Oktober vanjaar, teen ’n prys van net R22 990 na Turkye aan. Hierdie prys …

Turkye is een van die gewildste lande om te besoek en beslis vir ’n goeie rede! Hier is geleentheid om dit teen ’n werklike winskoopprys te doen. Ds. Eon Coetzee van Vanderbijlpark bied ’n 10 dag toer, van 2 tot 11 Oktober vanjaar, teen ’n prys van net R22 990 na Turkye aan.
Hierdie prys sluit alle lughawe-onkoste, verblyf in 4- en 5-ster hotelle, luukse lugverkoelde busse met wi-fi, drie etes per dag, private bootvaart in Istanboel en toegang tot alle plekke wat besoek word in. Besoeke gaan onder meer gebring word aan van die sewe gemeentes in Openbaring, met Efese en die Akropolis van Pergamum ’n hoogtepunt. Ook op die program is ’n besoek aan ’n ondergrondse stad met so veel as 10 verdiepings onder die grond, waar vroeë Christene gebly het in Kappadosië. Teen ‘n bykomende R2 500 kan toergangers ook ’n sonsopkoms vanuit een van 100 warmlugballonne ervaar. Die stad Istanboel met die grootste onderdakse mark ter wêreld, die Grand Bazaar, is beslis ‘n inkopieparadys! ’n Besondere hoogtepunt is ’n besoek aan die Hagia Sophia wat vir baie lank die grootste katedraal in die wêreld was. Kontak gerus vir ds. Eon by 082 927 1713 of eoncoetzee@disvoverymail.co.za vir ’n volledig brosjure.

Tyrkey map

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button