NewsNews

Munisipale werkers weer op hul pos

Munisipale werkers van die Ngwathe munisipaliteit wat sedert verlede Donderdag staak oor ontevredenheid oor onregmatige verhogings na wat verneem is, het net meer as 2 ure gelede weer begin werk, sê DA-raadslid Saal de Jager.

Munisipale werkers van die Ngwathe munisipaliteit wat sedert verlede Donderdag staak oor ontevredenheid oor onregmatige verhogings vir sekere werkers het net na 10:00 vanoggend weer begin werk, sê DA-raadslid Saal de Jager.

Gazette het betroubaar verneem dat die verhogings oënskynlik deurgedruk is sonder dat die regte kanale gevolg is. Die DA sê sulke gedrag is onaanvaarbaar en moet op hoër vlak aangespreek word. Hoewel alle afdelings van die munsipaliteit nie aan die staking deelgeneem het nie, was dit meestal kantoorpersoneel wat veroorsaak het dat mense onder meer nie hul rekeninge kon betaal nie. Verskeie lesers het ook gister gekla oor die telefoonlyne wat nie geantwoord word nie.

Die munisipale woordvoerder, mnr. Steve Naale is gevra om ‘n mediaverklaring oor die staking beskikbaar te stel. Lees volgende week meer in Parys Gazette.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button