NewsNews

SAJWV skietdag plaaslik gehou

Die eerste plaaslike skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys word vir Saterdag 10 September beplan en sal ’n geldige skietbyeenkoms wees vir SAJWV-lede wat ook tel as hul jaarlikse bywoning.

Die eerste plaaslike skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys word vir Saterdag 10 September beplan en sal ’n geldige skietbyeenkoms wees vir SAJWV-lede wat ook tel as hul jaarlikse bywoning.
Dit sal gehou word op die Ballistic Beast-skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld.
Inskrywings kan vanaf 07:00 gedoen word en sluit om 09:00. Die koste is R100 per volwassene en R50 per kind. Lede sowel as nie-lede en juniors is welkom. Diegene wat iemand anders se kinders saambring om te kom skiet, moet onthou om vooraf by Sons & Guns ’n  vrywaringsvorm in te vul. Oog- en oorbeskerming vir die skietdag is verpligtend.
Enigeen wat navrae het is welkom om Jan Lubbe by 082 421 1122 te kontak, of stuur ‘n e-pos na [email protected]

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button