High SchoolLocal news
Blue Bombers stap weg as wenspan by aksie netball
Gees en spanbou is die doel van die dag.
Hoërskool Parys het Donderdag 10 Oktober hulle jaarlikse aksie netbal by die skool gehou. Gees en spanbou is die doel van die dag.
Graad sewes wat volgende jaar hoërskool toe gaan het die lekker spanbou-dag saam geniet.
Die spanne was gemeng en het uit drie seuns en vier dogters bestaan.
Nadat daar uitgedun is, het die wenners teen ‘n onderwyserspan gespeel.
Die onderwysers het vir drie jaar in ‘n ry koning gekraai, maar moes hierdie jaar hulle krone neerlê toe Blue Bombers as wenners weggestap het.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.