Photo GalleriesSchool

Broers maak punte bymekaar vir Parys-skole

Twee broers, Sean en Ruan van Pletzen, het die naweek in Ficksburg aan die Spur Skole bergfiets-reeks deelgeneem. Ten spyte daarvan dat Ruan siek was, het hy steeds 2de gekom in sy wedren. Sean het 11de geëindig. Ruan se wedrenpunte deur die reeks sover plaas Parys Primêre Skool nou 3de in die Vrystaat en Sean se punte het aan Hoërskool Parys ’n 5de plek tot dusver in die Vrystaat gegee. Punte word toegeken volgens posisie, met ander woorde 1ste plek 30 punte, 2de plek 20 punte, ensovoorts. Hoe meer deelnemers daar van ’n skool is, hoe meer punte kry die skool.

Omdat dit net hulle twee is wat vir die Parys skole deelneem, plaas dit druk op hulle om goeie prestasies te lewer en die punte  hoog te hou. Hulle sal albei volgende week aan die Vrystaat-finaal in Welkom deelneem.

Op die foto’s is Ruan en Sean van Pletzen in aksie tydens die afgelope naweek se Spur Skole bergfietsren in Ficksburg.
In aksie tydens die afgelope naweek se Spur Skole bergfietsren in Ficksburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button