Local newsNews

Hommeltuig ingespan in soektog na 5-jarige

'Ons sal nie ophou soek totdat ons haar gekry het nie.'

Lede van die polisie se Lugvleuel van Bloemfontein het vanmiddag met ‘n hommeltuig help soek na die vermiste 5-jarige Keith Sithole, wat Vrydagmiddag die laste keer in Letshabastraat, Tumahole, gesien is.

‘n Soektog vanoggend deur lede van die polisie saam met die gemeenskap het steeds niks opgelewer nie, maar het lt-kol Juanita J. van Rensburg, stasiebevelvoerder van die Tumahole-polisiestasie die versekering gegee dat die polisie nie sal ophou soek totdat klein Keith gekry is nie. Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor die gemeenskap vir elke leidraad en inligting wat alreeds ontvang is, asook aan elkeen van die sowat 100 gemeenskapslede wat vanoggend help soek het na die 5-jarige dogtertjie.

Klein Keith (wie se naam intussen deur die polisie bevestig is nadat daar in aanvanklike berigte oor haar verdwyning na haar as Ruth verwys is), het soek geraak kort nadat sy Vrydag omstreeks 13:20 van die skool af huis toe gekom het. Sy is ‘n graad R-leerder van Aha Setjhaba.

Keith het haar ma, Kelly gevra om ysies te gaan koop by een van die buurhuise na aan haar woning. Toe daar nie ysies was nie, is sy na ‘n nabygeleë winkel binne ‘n kilometer radius van haar ouerhuis waar sy die ysies gekry het. Sy is daarna nie weer gesien nie.

Klein Keith het ‘n swart rokkie met groen blomme en swart skoene gedra ten tyde van haar verdwyning.

Keith was nie ‘n kind wat sommer net rondgeloop het nie, sê Kelly. Die familie het sedert haar verdwyning na haar gesoek en haar Saterdag as vermis by die Tumahole-polisiestasie aangemeld. Sedertdien is geen steen onaangeraak in die soektog na haar nie.

Pamflette met haar gesigfoto is ook in die Tumahole-woonbuurt versprei waar polisielede en die gemeenskap vanoggend in spanne verdeel en te voet gesoek het. Daar is veral ook gekyk na mangate en vore waarin sy moontlik sou kon val.

Lt-kol Juanita J Van Rensburg (regs) verduidelik aan die gemeenskap in watter areas soekspanne sal beweeg toe die soektog vanoggend te voet voortgesit is. 

Die kaart waarop aangedui is waar klein Keith se ouerhuis is en waar sy die laaste keer gesien is 
Lt kol Juanita J van Rensburg, stasiekommissaris van die Tumahole-polisiestasie tydens vanoggend se soektog waar sy polisielede en die gemeenskap ingelig het rondom die onstandighede van klein Keith se verdwyning 

Enigeen met inligting word gevra om die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredingseenheid in Tumahole se speur-sers.  Noliyiswa Masondo te skakel by 082 049 5208, ao Kgayane by 071 891 4321, Keith se ma by  078 705 7487 of die bure, Keke Theletsane by 079 864 0378.

Inligting kan ook by die Tumahole of Parys polisiestasies deurgegee word. Alternatiewelik kan die Stop Misdaad nommer geskakel word by  08600 10111, of laat ‘n anonieme wenk op die MySaps selfoontoepassing.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button