News

Eksamens: So gemaak .met voorbereding en eksamen stres

Dit is baie belangrik dat jy sien hoe vrae gestel word en wat die eksaminator as antwoord verwag.

‘n Rustige leerklimaat by die huis en stil plek waar matrikulante ongestoord kan leer, is nou die belangrikste om te kan voorberei vir hierdie laaste en belangrikste eksamen vir matrikulante So gesels dr Cecilia Klopper van CURAparent, ‘n onderwyskundige en medewerker van Afrikaans.com en ontwikkelaar van Afrikaans.com se matriekklaskamer. Sy beveel aan dat kinders soveel moontlik hulpbronne in alle vakke tot hul beskikking moet hê.
Daar is ook heelwat gratis hulpbronne op Afrikaans.com en die internet beskikbaar.
Nog riglyne:

•     Laai vir hulle vraestelle met memoranda van die laaste drie jaar af in al hulle vakke. Dit gee hulle ’n geweldige voorsprong.
•     Hou maar ’n ogie dat hulle genoeg slaap en gesonde kos uit al vyf die voedselgroepe inkry.
•     Dit is ook nodig dat leerders genoeg moet ontspan en oefen.
•     Gee vitamienaanvullings as jy sien jou kind het min energie.
•     Identifiseer angs en depressie betyds en doen iets daaromtrent. Gewone asemhalingsoefeninge help ook vir die angstige oomblikke – 5 asemteue deur die neus wat vir 5 tellings ingehou word en dan by die mond uitgeblaas word. Herhaal ‘n paar keer totdat jy kalmer voel.
•     Indien daar iets is wat jou kind pla, soos ’n probleem by die huis of ’n verhoudingsprobleem, ondersteun hom deur met hom daaroor te gesels. Daarna moet hy dit op ’n papier skryf en dit in ’n laai “parkeer” tot na die vraestel. Dan kan hy dit weer hanteer.
•     Jou kind kan nie sy beste lewer as sy gemoedstoestand nie reg is nie. Ernstiger angs en depressie moet natuurlik op ’n deurlopende basis behandel word sodat dit nie tydens die ekstra spanning van die eksamen die kind se konsentrasievermoë benadeel nie.
Hier is nuttige webtuistes:

Tuis


https://www.education.gov.za
https://www.sapapers.co.za

Jy kan ook bloot ’n spesifieke vraestel en memorandum op die internet soek, bv. graad 12, Afrikaans huistaal, vraestel 1, November 2022. Daar behoort verskeie opsies van verskaffers te wees. Dit is gratis aflaaibaar.
Beantwoord die vraestelle en vergelyk die memorandums met jou antwoorde. Kyk wat het jy verkeerd gedoen en leer so uit jou foute.
Dit is baie belangrik dat jy sien hoe die vrae gestel word en wat die eksaminator as antwoord verwag.
Kyk ook na die puntetellings. Daar behoort twee – drie stelle vraestelle vir elke jaar te wees – Mei/Junie, wat die aanvullingseksamens is, asook dan die rekord- en eindeksamenvraestelle in November.

Vir leerders wat in 2025 sal matrikuleer is goeie raad om:
•     As jy die nuwe jaar in Januarie aanpak, vooruit te beplan en op dag een jou werk te begin organiseer en daagliks in klein porsies te bemeester.
•     Die jaar gaan ongelooflik vinnig verby, aangesien jy eintlik al teen 1 Augustus al jou werk moet ken.
•     Moenie uitstel nie.
•     Sorg dat jou ouers weet waar jy staan met jou kennis. Stel hulle dadelik in kennis as jy ekstra hulp benodig veral in vakke soos Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde.

Beplanning is noodsaaklik
Graad 12-leerders moet hul akademiese voorbereiding goed beplan. Begin sommer dadelik en druk of koop ’n jaarplan wat in dae/maande ingedeel is. Plak dit iewers op sodat jy met een oogopslag die hele maand/kwartaal se aktiwiteite kan sien. Skryf nou alle belangrike datums daarop. Dit sluit in: Toetse, eksamens, sperdatums, toere, partytjies, kerk asook buitemuurse oefeninge, wedstryde en kampe.
Beplan jou studierooster om jou belangrike datums sodat jy genoeg tyd het om al jou werk te leer.
Organiseer jou los blaaie in afsonderlike lêers – een vir elke vak.
Hou alle notas en opsommings bymekaar.
Laai vraestelle van die laaste drie jaar af, beantwoord dit en vergelyk jou antwoorde met die memorandums op dieselfde webtuistes. Dit is gratis.

(Lees die volledige artikel hier: Eksamenvoorbereiding: Doen dit behoorlik en verminder so jou stres. – Afrikaans.com)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button