Local newsNews

Nog geen spoor van vermiste 5-jarige dogtertjie

Die polisie het 'n dringende beroep op die gemeenskap gedoen vir enige inligting wat kan help om Ruth op te spoor.

Daar word steeds gesoek na die 5-jarige Ruth Sithole wat Saterdag deur haar ma as vermis aangemeld is by die Tumahole-polisiestasie

Klein Ruth is Vrydagmiddag om ongeveer 14:00 die laaste keer gesien in die omgewing van Letshabastraat in Tumahole. Sy het toe ‘n swart rokkie met groen blommotief gedra.

Ruth Sithole (5) wat Vrydag die laaste keer gesien is. 
Enigeen wat moontlik vir klein Ruth gesien het of wat enige inligting het wat die polisie kan help in hul soektog na haar, is gevra om speur-sers Noliyiswa Masondo van die polisie se eenheid vir Gesingsgeweld, Kinderbeskering en SeksueleOortredings  in Tumahole se skakel by 082 049 5208 . Jy kan ook die Stop Misdaadnommer skakel by 08600 10111, of ‘n anonieme wenk laat op die MySAPS toepassing.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button