Die Rhino Rally is hier
Dis Rhino Rally dié naweek in Parys. En met die heerlike sonskynweer wat die afgelope week al gevoel is, is die hoop groot dat motorfietsryers vanjaar beter weer sal hê as met verlede jaar se bibberkoue. Parysenaars kan die duisende motorfietsryers van vandag af in die dorp verwag vir die saamtrek wat by die Afri Dome in Allenbystraat gehou word. Die saamtrek duur tot Sondagoggend. ’n Massa-optog sal Saterdagoggend vanaf 11:00 deur die dorp gesien kan word. Dié saamtrek is jaarliks ’n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp en hoewel daar nie vanjaar ’n waaghals-toertjie op die program is nie, beloof dit steeds ’n vol program te wees. Toegang kos R250 per persoon vir die saamtrek. Dié foto is met die 2014 massa-optog in Parys geneem toe die Rally die eerste keer hier gehou is. Die optog kon nie verlede jaar gehou word nie weens die weer.