NewsNews

Die Rhino Rally is hier

Dis Rhino Rally dié naweek in Parys. En met die heerlike sonskynweer wat die afgelope week al gevoel is, is die hoop groot dat motorfietsryers vanjaar beter weer sal hê as met verlede jaar se bibberkoue. Parysenaars kan die duisende motorfietsryers van vandag af in die dorp verwag vir die saamtrek wat by die Afri Dome in Allenbystraat gehou word. Die saamtrek duur tot Sondagoggend. ’n Massa-optog sal Saterdagoggend vanaf 11:00 deur die dorp gesien kan word. Dié saamtrek is jaarliks ’n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp en hoewel daar nie vanjaar ’n waaghals-toertjie op die program is nie, beloof dit steeds ’n vol program te wees. Toegang kos R250 per persoon vir die saamtrek. Dié foto is met die 2014 massa-optog in Parys geneem toe die Rally die eerste keer hier gehou is. Die optog kon nie verlede jaar gehou word nie weens die weer.

DSC_0701

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button