Local newsNews

Gospelfees om vir dié kinders in nood ‘n huis te gee

Jy kan nou reeds jou kaartjies koop teen R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (drie tot 13 jaar), en kinders onder drie het gratis toegang.

‘n Gospelfees sonder weergawe word vanjaar in Parys aangebied met 6 500 mense wat verwag word. Die fees vind op 16 Desember plaas by die AfriDome. Alle fondse wat ingesamel word gaan vir ‘n veiligheidshuis vir kinders in Parys. Skokkende syfers uit Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se jaarverslag wys dat 64 kinders van Parys in die 2023/24 finansiële jaar uit hul ouerhuise verwyder moes word weens verwaarlosing of mishandeling. Van dié syfer is 33 kinders vanaf Januarie vanjaar uit ouerhuise verwyder.

Kinderhuise is oorvol, en maatskaplike werkers sukkel om geskikte huise te kry om hierdie kinders onmiddellik te kan plaas, vertel Sanette Boonzaier, gemeenskapskoördineerder by die VVA.Vir babas is dit makliker om ‘n tydelike heenkome te vind, sê Sanette, maar vir ouer kinders is dit ‘n bykans onbegonne taak om ‘n tydelike hawe van veiligheid te vind.

In die Tumahole-woonbuurt funksioneer die VVA se Lerato Huis as plek van veiligheid al vir ongeveer 17 jaar met groot sukses, maar omdat die meerderheid kinders wat die afgelope jaar verwyder moes word, Afrikaanssprekend was, is die geweldige behoefte aan ‘n veiligheidshuis ook in Parys, geïdentifiseer. Die ideaal sou wees om ‘n huis in die dorp te koop wat naby die skole sou wees en as veiligheidshuis ingerig kan word.

‘n Veiligheidshuis bied ‘n tydelike plek van veiligheid vir ‘n maksimum van drie maande wanneer die kinders in die sorg van ‘n huismoeder is, verduidelik Sanette. Die tydperk kan wel verleng word as die maatskaplike werker se ondersoek nie afgehandel is nie.

Vir die VVA is die groot finansiële uitgawe vir ‘n veiligheidshuis nie moontlik nie, en kan jou ondersteuning van die Gospelfees help om vir dié kinders ‘n huis van veiligheid te gee.

Hekke open om 08:00 op die 16de Desember met die program wat om 08:30 afskop. Kom vroeg om jou sitplek onderdak te verseker waar stoele uitgepak sal wees.

Kunstenaars soos Joe Niemand, Danie Botha, Arnold de Wet, Dudley Mans, Shane Pretorius, Megan Els, die Victorious Vocal Group , pastoor Deon Allers, evangelis Len de Jongh, Jacques en Liezel, en Felécia Pretorius, kan gehoor word.

Danie Botha
Jacques en Liezel

Talle uitstallers het reeds stalletjie-ruimte bespreek, en word daar veral gesoek na uitstallers van handgemaakte produkte vir die fees. Om uitstalruimte te bespreek skakel 082 411 6865. Kerke word veral ook genooi om deel te neem aan die interkerklike fees waar ‘n gebedstent sal wees. Die gedagte is om in die tent verteenwoordigers van die onderskeie kerkdenominasies te hê vir mense wat by die fees die behoefte het vir gebedsondersteuning.

Verskeie kosstalletjies sal sorg vir lekkernye, en daar beloof weer genoeg vermaak vir die kinders te wees. Die feesprogram is tot 17:00.

Jy kan nou reeds jou kaartjies koop teen R100 vir volwassenes, R50 vir kinders (drie tot 13 jaar), en kinders onder drie het gratis toegang.

Kry jou kaartjie by Welkom-kafee, Kragapie Gym, of by VVA in Parys. Kaartjies is ook by Liplekker Spyseniers te 122 Rossini Blvd, Vanderbijlpark beskikbaar, asook by pastoor Riaan in Sasolburg.

Jy kan ook die QR-kode hieronder skandeer om aanlyn kaartjies te koop. Golden Thread Foundation NPC bied die fees aan ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie wat ‘n geregistreerde welsynsorganisasie is.

Vir navrae oor die fees skakel 078 170 2385.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button